Pronkrid­der­spoor

Tuis - - TUIN -

(Del­phi­ni­um-spp.)

Plant ’n ry pronkrid­der­spo­re ag­ter in jou bed­ding. Dit gee hoog­te en vang die oog! Dié blom­me is groot­liks blou, maar is dees­dae ook in wit en ska­ke­rings van pers en pienk te kry. Die meer­ja­ri­ge Del­phi­ni­um x e­la­tum, wat meest­al as een­ja­ri­ge ge­kweek word, groei tot 2 m hoog en spog met ’n rits half­dub­be­le blom­me, elk met “o­gie” in die mid­del. Dit blom van No­vem­ber tot Ja­nu­a­rie op lang ste­le met blom­me wat van on­der af oop­gaan. Stut die plan­te en be­skerm hul­le teen sterk wind. Vir la­er groei­en­de pronkrid­der­spo­re, kies Del­phi­ni­um gran­dif­lorum – dit groei so­wat 40 cm hoog en blom in die len­te.

Plant pronkrid­der­spo­re in die herfs in baie goed voor­be­rei­de, kom­pos­ry­ke grond wat goed drei­neer. Voed el­ke twee we­ke met ’n vloei­ba­re mid­del soos Se­a­gro of Nitro­sol. Saai­lin­ge moet so­wat 35 cm uit­me­kaar groei en be­skerm word teen slak­ke. Hou goed nat in die so­mer, ver­al in win­ter­re­ën­ge­bie­de. Dit aard die bes­te in koel, klam stre­ke en hou nie van baie warm en droë kli­ma­te nie. Goeie pas­maats is vin­ger­hoed­jies (Di­gi­ta­lis pur­pu­rea), stok­ro­se (Al­cea r­o­sea) en kan­tel­berg­klok­kies (Cam­pa­nu­la).

Plant­gids

Half­ska­du­wee tot vol­son Re­de­lik ryp­be­stand Vra heel­wat wa­ter Hoog­te wis­sel Blom in die so­mer

Ver­geet-my-nie­tjies Pronkrid­der­spo­re

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.