Dit werk, want …

Tuis - - STOEPE -

Dit was vir Rosheen be­lang­rik dat die stoep be­skut moes wees teen die e­le­men­te, maar oop na die na­tuur; dit moes deel vorm van die huis én die tuin.

“Dank­sy die oriëntasie van die stoep is ons be­skerm teen die son so­wel as die wind,” sê sy. “Dis heel­dag en heel­jaar ge­mak­lik – hoe­wel ’n mat in die win­ter en die pla­fon­waai­er in die so­mer da­rem ook help.”

Tref­fen­de ge­streep­te blin­dings ver­skaf nie net ge­so­fis­ti­keer­de af­ron­ding aan die de­kor nie, dit bied ver­de­re be­sker­ming teen die e­le­men­te.

Rosheen be­skryf die de­kor­styl as “so­fis­ti­ka­sie met ’n twee­de le­we”, aan­ge­sien sy die meu­bels vir vo­ri­ge hui­se ge­koop het en hier rond­ge­skuif het tot al­les by­me­kaar­pas. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.