Kom­buis-op­knap Van don­ker en be­knop tot oop­plan en ge­sel­lig

Dié paar­tjie was moeg vir hul don­ker, be­knop­te kom­buis; nou het hul­le ’n oop­plan­ruim­te nom­mer­pas vir lek­ker kui­ers.

Tuis - - CONTENTS - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel • Fo­to’s El­za Cooper • S­ti­le­ring Ju­ané S­chee­pers

“My ma spot al­tyd dat ek lug­kas­te­le bou en my man, Da­ryn, moet dit dan re­a­li­seer,” sê S­tef­nie. En dis ge­wis ’n ge­pas­te be­skry­wing vir hul kom­buis-op­knap, wat in 2015 vol­tooi is.

“Ons het ver­lief ge­raak op ’n ou huis in Cen­tu­ri­on, maar die kom­buis was klein, don­ker en af­ge­son­der van die res van die huis; dit het my laat voel ek is uit­ge­sluit van al­les,” ver­dui­de­lik S­tef­nie. “Ek het toe be­gin dink hoe ek die si­tu­a­sie kon ver­an­der. Met ’n pen en maat­band in die hand het ek ’n paar i­dees neer­ge­skryf en kort voor lank het ons nu­we kom­buis in my ge­dag­tes be­gin vorm aan­neem.”

S­tef­nie het haar vi­sie aan Da­ryn ver­dui­de­lik en saam het hul­le be­gin be­plan aan die groot oop­plan­ruim­te wat hul­le graag wou hê, in­slui­tend ’n “mas­sie­we kom­buis-ei­land reg in die mid­del” waar S­tef­nie kon kook en steeds deel van die ak­sie wees. “Ek is die kre­a­tie­we een en Da­ryn is die prak­tie­se pro­bleem­op­los­ser – saam is ons ’n wen­span,” sê S­tef­nie en glim­lag. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.