S­toe­pe Ses ont­span­ne bui­te­kui­er­plek­ke

64 Een ding is se­ker, Suid-A­fri­ka­ners hou van ’n bui­te­lug-kui­er – win­ter of so­mer!

Tuis - - CONTENTS -

[1] Wes­kus-sa­lig­heid

Die­ge­ne wat al die voor­reg ge­had het om by een van I­sa­bel­la Nie­haus se ge­wil­de Lang­ta­fels by haar huis teen die Wes­kus aan te sit, weet dié stoep laat jou som­mer gou van al­le sor­ge ver­geet. Dis hier waar sy mas­sas oes­ters voor­sit saam met ys­koue von­kel­wyn en gas­te die skoon­heid van die see kan in­a­sem.

Dié “Lang­ta­fels op die Duin” is ’n in­stel­ling wat Bel­la, soos baie haar noem, ses jaar ge­le­de be­gin het toe sy die stads­lig­gies vir die stil­te van die Wes­kus ver­ruil het. “Om al my hoë hak­ke, rok­ke en bril­le met na­me te ver­ruil vir ’n lang T-shir­trok en vis­plak­kies was ’n be­slis­te keu­se!” skryf sy op haar blog.

Die stoep met sy on­be­lem­mer­de uit­sig op die At­lan­tie­se O­se­aan is al­les­be­hal­we aan­stel­le­rig, dank­sy die se­ment­vloer en ver­weer­de grys ba­lau-dek. Hout­spar­re van die bal­kon bo vorm ’n klein af­dak oor die stoep daar­on­der, maar ver­der is dit heel­te­mal oop. “En so sal dit ook bly,” sê Bel­la lag­gend.

Dit werk, want …

S­kuif­deu­re wat op­vou om die vol­le 12 me­ter van dié stoep oop te maak, gee nu­we be­te­ke­nis aan die term “bin­ne-bui­te”. “Die stoep word let­ter­lik ’n ver­leng­stuk van die sit­ka­mer,” ver­tel Bel­la. “Daar is geen skei­ding tus­sen bin­ne en bui­te nie en die he­le ruim­te word een sit-en-kui­er­plek. Soms dra ons van die sit­ka­mer­meu­bels op die stoep uit, ter­wyl an­der meu­bels heel­jaar bui­te bly.”

Bel­la be­skryf haar de­kor­styl as sim­plis­ties, “erg aards” en e­klek­ties. “Die mees­te van my meu­bels is oud en kom al ja­re saam met my,” ver­tel sy. “El­ke af en toe sal ek ’n stoel verf of laat oor­trek. Die tur­koois stoel het lank in my gara­ge ge­staan; na­dat ek dit ge­verf het, het ek dit met blom­lap van Mi­tat laat oor­trek. Ek is ook lief daar­voor om ver­skil­len­de stuk­ke lap by­me­kaar te sit en my eie deur­me­kaar voor­koms aan ’n stoel te gee.” Wat ge­niet sy die mees­te van haar stoep? “Na­tuur­lik die uit­sig en die ge­luid van die see!”

[2] Pu­re Ka­roo-plaas

Net een kykie na Lie­sl en Co­bus se plaas­stoep op Prins Al­bert en jy ver­lang met heim­wee na die plaas­le­we, selfs al het jy nie eens op ’n plaas groot­ge­word nie. Tog het dié stoep ’n kon­tem­po­rê­re ge­voel en al die ge­rie­we van ’n he­den­daag­se kui­er­plek.

“Om­dat die huis uit 1904 da­teer en daar er­fe­nis­re­gu­la­sies op sul­ke ou hui­se van toe­pas­sing is, kon ons net aan die ag­ter­kant van die huis aan­bou,” ver­tel Lie­sl. “Die voor­stoep is nog oor­spronk­lik, maar dank­sy die dorp se er­fe­nis­ko­mi­tee, as­ook uit­ste­ken­de plaas­li­ke vak­man­skap deur die ar­gi­tek Kurt Buss en bou­er Hen­drik de Vil­liers, pas al­bei s­toe­pe prag­tig by die huis.”

Die span het ver­sig­tig te werk ge­gaan om die nu­we stoep by die oor­spronk­li­ke sink­dak te in­kor­po­reer en, ti­pies van ’n Ka­roo-huis, spog dit met ’n riet­pla­fon en on­op­ge­smuk­te se­ment­vloer. >>

Dit werk, want …

Die stoep is ’n ver­leng­stuk van die leef­a­re­as: Die sit­ka­mer, eet­ka­mer én kom­buis loop daar­op uit. Boon­op vloei dit uit­ste­kend aan­een met die swem­bad en bui­te­ge­boue in die ag­ter­plaas.

Dis ook nie net die slim uit­leg wat hier­die stoep laat uit­staan nie – die meu­bels en de­kor is met die groot­ste sorg by­me­kaar­ge­sit en skep ’n ou­ten­tie­ke plaas­ge­voel. “Ek sal my styl se­ker as ‘e­klek­tie­se Ka­roo-styl’ be­skryf,” ver­tel Lie­sl. “Ek het drie jaar lank die meu­bels en de­kor by­me­kaar­ge­maak en het reg­tig pro­beer om in­te­res­san­te stuk­ke aan te skaf wat elk­een ’n sto­rie ver­tel. ’n Ma­te van speels­heid en hu­mor was vir my be­lang­rik, soos die man­ne­kyn (regs) wat as kap­stok vir baad­jies dien.”

Og­gend­kof­fie en be­skuit is die bes­te op die stoep – so ook ont­byt, mid­dag­e­te en ’n braai in die aand! Ons het ’n slaap­bank vir mid­dag­sla­pies en Co­bus ge­niet dit om hier in sy wieg­stoel te sit en lees. – Lie­sl

[3] Bo­ta­nie­se kin­kel

JC en Wim se stoep vorm ’n naat­lo­se oor­gang tus­sen hul huis en tuin, per­fek vir hul “bin­ne-bui­te-leef­styl” – en dít in die hart­jie van Jo­han­nes­burg!

“Met die sta­pel­deu­re oop raak dit een groot leef­a­rea,” ver­tel JC. “Dit vorm deel van die sit­ka­mer, die eet­ka­mer, kom­buis en ont­vangs­por­taal, as­ook die on­der­ste gas­te­ka­mer wat op die aan­gren­sen­de dek oop­maak.”

Hoe­wel die stoep aan die voor­kant van die huis is, is dit heel­te­mal pri­vaat om­dat die huis op ’n pyp­steel-erf staan. Dank­sy die groot bo­me is dit ook heer­lik be­skut.

’n Groot 10-sit­plek-eet­ka­mer­ta­fel met sta­pel­ba­re stoe­le van lig­te staal ver­se­ker daar is al­tyd ge­noeg kui­er­plek vir gas­te. Dié staan per­ma­nent bui­te.

Die se­ment­vloer skep ’n kon­tem­po­rê­re ge­voel, ter­wyl die sink­dak met ’n pla­fon, wat reeds daar was toe hul­le die huis ge­koop het, die e­nig­ste as­pek is wat JC en Wim dalk sou wou ver­an­der: “Oop bal­ke sou waar­skyn­lik mooi­er ge­lyk het!”

Dit werk, want …

Die ap­plou­strek­ker op dié stoep is be­slis die ver­sa­me­ling tak­bok­va­rings en or­gi­deë in een hoek. “Wim hou van or­gi­deë en dit het nou al ’n stok­perd­jie ge­raak,” ver­tel JC. “Ons koop maar ge­du­rig plan­te van o­ral­oor.”

Dié groen muur word slim her­haal bin­ne-in die huis deur ’n tref­fen­de fo­kus­muur in die kleur Du­blin Bay 1 van Du­lux. Met die bo­me bui­te kry die ge­heel iet­wat van ’n woud­ge­voel, wat ver­sterk word deur hul groot ver­sa­me­ling A­fri­ka-mas­kers.

“Ons het die mas­kers aan­ge­skaf op ons rei­se deur lan­de soos Zim­bab­we, G­ha­na, Ni­ge­rië, Tan­za­nië en Zam­bië,” sê JC. Die ge­kerf­de wa­ter­buf­fel­ske­del bo die kag­gel kom uit Ba­li. >>

“Ek kan die he­le dag – win­ter of so­mer – hier op die stoep deur­bring met iets om te lees, ter­wyl men­se kom en gaan vir e­tes by die ta­fel, ’n mid­dag­sla­pie op die bank, tee of dran­kies e­ni­ge tyd en groe­pies van twee tot he­le ge­sin­ne wat ’n pak kaar­te deel of back­gam­mon speel, of net ont­span,” ver­tel Rosheen.

Wan­neer sy nie self weg­breek na die op­stal wat uit 1936 da­teer nie, ver­huur sy dit aan va­kan­sie­gan­gers deur Per­fect Hi­de­a­ways en speel die plaas­be­stuur­der, Ja­mes Rut­her­ford, gas­heer. Die stoep, soos hy nou lyk, is ’n ver­fy­ning van die een wat deur die ja­re aan­ge­bou is. “Met die her­ont­werp wou ons ook toe­gang uit die slaap­ka­mers be­werk­stel­lig. Dit het ons reg­ge­kry met ’n klein voor­ver­trek na een slaap­ka­mer en ’n gang na ’n an­der,” ver­dui­de­lik Rosheen. “Die stoep het nou ook ’n eet­deel, as­ook ’n groot én klein sit­hoe­kie so­dat daar p­lek is vir al­leen sit of saam met an­der kui­er.”

Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster, El­za Cooper, P­ho­to­grap­hy by A­mo­ra S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk, A­man­da van Wyn­gaardt, A­mo­ra Eras­mus

As die stoep nie vir ont­haal in­ge­span word nie, lees I­sa­bel­la graag ’n boek of sit en staar en luis­ter sy net na die see. Vloer­kus­sings van MRP Ho­me

BEL­LA SE WEN­KE] • Spa­sie is be­lang­rik; pro­beer dus om jou stoep so groot moont­lik te maak. • Doen moei­te met die be­plan­ning van jou braai­plek so­dat jy nie van die rook moet weg­vlug nie. • Maak se­ker daar is ge­noeg ge­mak­li­ke stoe­le, as­ook be­skut­ting teen die son.

WIE WOON HIER? Lie­sl Loub­ser en Co­bus Wes­sels en hul twee Jack Rus­sells, Li­ra en La­ya WAAR Prins Al­bert GROOT­TE 60 m² en 30 m² ORIËNTASIE Wes

WIE WOON HIER? JC S­nooke en Wim S­teyn en hul Wei­ma­ra­ners Cy­an en S­hadow WAAR Lin­den, Jo­han­nes­burg GROOT­TE 21 m² ORIËNTASIE WesDie stoep is reg­tig deel van ons daag­lik­se doen enla­te en daar­om moet dit so ge­mak­lik moont­lik wees. – Wim

Die tur­koois Ma­rok­kaan­se deur van A­ma­tu­li Ar­ti­facts is prak­ties én tref­fend. JC EN WIM SE WEN­KE] • Wie­le on­der ’n rus­bank ver­se­ker dat dit son­der moei­te op­sy­ge­skuif kan word wan­neer jy nog stoe­le by die ta­fel wil sit met e­tens­tyd. • Kies duur­sa­me en ge­mak­li­ke meu­bels en be­stee eer­der ’n bie­tjie meer so­dat jy se­ker kan wees dit sal lank hou. • Veel­doe­li­ge meu­bels soos ons kant­ta­fels van sink en hout is i­de­aal, want die bo­stuk van sink kan af­ge­haal word en as skink­bord dien.

Die paar­tjie het die ta­fel spe­si­aal laat maak, ter­wyl die C­hes­ter­field-bank wie­le van Buil­ders ge­kry het. Mand­jies en lan­terns rond die voor­koms af. Rot­tang­bank en staal­stoe­le van Wey­landts; dien­ta­fel­tjie van Moroc­can Hou­se; kus­sings van Lo­ads of Li­ving

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.