Ougoed en de­ko­ri­tems gee tref­krag aan ’n o­a­se op Prins Al­bert

Oud­he­de en de­kor­stuk­ke maak ’n in­te­res­san­te tuin op Prins Al­bert.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s P­ho­to­grap­hy by A­mo­ra

Ná ’n uit­stap­pie in die Gam­kas­kloof, ook be­kend as Die Hel, het

Lie­sl Loub­ser en haar man, Co­bus Wes­sels, op Prins Al­bert be­land vir mid­dag­e­te.

“Ek was da­de­lik ver­lief op dié prag­ti­ge Ka­roo-dorp. Op pad uit het ek vir Co­bus oor­tuig om by die mu­seum te stop. En daar hang toe so­waar ’n fo­to van my ou­pa Pe­trus van der Mer­we Eras­mus as tie­ner in Prins Al­bert se rug­by­span. Dié fa­mi­lie­ver­bin­te­nis het ons oor­tuig om hier te be­gin ei­en­dom soek. En dis waar al­les be­gin het,” ver­tel Lie­sl.

So koop hul­le toe in 2015 ’n huis wat in 1904 ge­bou is, saam met die erf daar­ag­ter. “Vir twee jaar het ons on­der die wa­ken­de oog van ons plaas­li­ke ar­gi­tek, Kurt Buss, en na­tuur­lik die Wes-Kaap­se en Prins Al­ber­ter­fe­nis­ko­mi­tee, die huis sim­pa­tiek ge­re­stou­reer. Ek het dit on­ge­loof­lik baie ge­niet om na­vor­sing vir die pro­jek te doen en om an­tie­ke en vin­ta­ge-meu­bels en by­kom­stig­he­de vir die huis en tuin uit te soek.”

Vir in­spi­ra­sie het Lie­sl na ’n tuin op die dorp gaan kyk waar­voor S­haun van der Walt, on­der­hoof van die Ho­ër­skool Zwart­berg, ver­ant­woor­de­lik was.

Sy het baie van sy werk ge­hou en saam het hul­le be­gin be­plan hoe hul­le haar oor­groei­de tuin gaan om­skep in wat dit van­dag is. In die pro­ses is so­veel moont­lik van die ka­rak­ter van die ou tuin met sy le­moen-, suur­le­moen-, ap­pel­koos-, per­ske-, nar­tjie- en groot o­lyf­bo­me be­hou. En al dra som­mi­ge weens ja­re se ver­waar­lo­sing nie meer vrug­te nie, dra dit steeds by tot die ou­wê­reld­se ge­voel van die tuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.