Ken jou in­drin­gers

Tuis - - TUIN -

C­hi­ne­se ta­ma­risk (Ta­ma­rix chi­nen­sis) Dié im­mer­groen struik of boom groei so­wat 3–6 m hoog en het swart of don­ker­bruin bas en veer­ag­ti­ge tak­ke. Dit dra b­leek tot pers­pienk blom­me in tros­se van 15–70 mm lank aan die punt van lang, dun lo­te. In­drin­ger­sta­tus Die plant is ’n Ka­te­go­rie 1b-in­drin­ger, wat be­te­ken jy moet dit van jou ei­en­dom ver­wy­der om ver­vol­ging vry te spring. Hoe­kom is dit ’n pro­bleem? Hier­die on­kruid is ’n pro­bleem in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, Vry­staat, M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po waar dit met in­heem­se spe­sies mee­ding en hul­le ver­dring. Dit ver­meer­der deur mid­del van saad­ver­sprei­ding. Dig­te bos­se kan stroom­vloei en grond­wa­ter­re­ser­wes aan­sien­lik ver­min­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.