Kin­der­spe­le­tjies

Tuis - - TUIN -

By van­jaar se toe­ken­nings­ge­leent­heid van die Suid-A­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir Land­skap­ont­wer­pers het die top­prys ge­gaan na ’n tuin wat ont­werp is vir kin­ders – heel ge­pas ook, aan­ge­sien die klein­goed dees­dae aan­ge­moe­dig moet word om meer tyd bui­te deur te bring pleks van voor ’n skerm.

Nie el­ke tuin het spa­sie vir tra­di­si­o­ne­le speel­toe­rus­ting soos dié een by die A­me­ri­kaan­se In­ter­na­si­o­na­le Skool in Jo­han­nes­burg nie, maar daar is an­der ma­nie­re om kin­ders aan te moe­dig om bui­te te speel waar hul­le vo­ëls en bye kan sien en die na­tuur waar­deer – dis ook goed vir hul fi­sie­ke en gees­te­li­ke wel­stand.

Hou ’n deel van die tuin een­kant waar die klein­span na har­te­lus kan plant, fee­tjie­tui­ne of weg­kruip­plek­ke kan skep met kron­kel­paad­jies rond­om strui­ke, of met hoë gras wat hul nuus­kie­rig­heid kan aan­wak­ker. Gee hul­le ’n groot kar­ton­boks wat ’n boot of fort kan wees, of help hul­le om ’n in­sek­ho­tel te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.