Roos­ta­ke vir el­ke streek in No­vem­ber

Tuis - - TUIN -

So­mer­re­ën­streek Maak steeds twee keer ’n week nat en be­mes met Vi­goro­sa. Groot ke­wers kan in toom ge­hou word met ’n dub­be­le do­sis Cy­per of Plant Ca­re. Vir k­lei­ner in­sek­te (blaas­poot­jies, plant­lui­se, bol­wurm) kan jy twee keer ’n maand spuit met Lud­wig’s In­sect S­pray. Sny dooie blom­me af om nu­we groei aan te moe­dig.

Win­ter­re­ën­streek As die re­ën op­ge­hou het, maak een keer ’n week goed nat (grys­wa­ter sal ook werk). As die re­ën­weer aan­hou, spuit el­ke twee we­ke met ’n meng­sel van Chro­nos, Lud­wig’s In­sect S­pray en ’n kleef­mid­del soos Pi­can­ta teen swart­vlek en dons­skim­mel. Be­mes in die mid­del van die maand met Vi­goro­sa. Knyp die pun­te van nu­we ba­sa­le lo­te af om dit meer be­stand teen sterk wind te maak.

La­e­veld en K­waZu­lu-Na­tal­se kus Maak se­ker bed­dings het ’n goeie dek­laag (2–5 cm diep) en maak twee keer ’n week nat. Be­mes met Vi­goro­sa. Hou plae en swam­siek­tes in be­dwang met die bo­ge­noem­de meng­sel. Knyp ge­reeld dooie blom­kop­pe af om dit net­jies te hou en nu­we lo­te aan te moe­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.