Suur­le­moen­droom

Tuis - - YSKASTERT -

Dis moei­lik om met die im­mer­ge­wil­de suur­le­moen-me­rin­gue-kom­bi­na­sie te pro­beer mee­ding in die tert-a­re­na, maar dié lig­te skuim­poe­ding-tert kan sy man staan.

Ge­noeg vir 1 groot tert • Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te plus stol­tyd

• 200g se­mel­be­skuit­jies, fyn­ge­maak

• so­wat 100g bot­ter, ge­smelt SUUR­LE­MOEN-MOUSSE

• 1 sak­kie (15ml) poei­er­ge­la­tien

• 3 groot ei­ers, ge­skei

• 170g (200ml) strooi­sui­ker

• ’n knip­pie sout

• 125ml vars suur­le­moen­sap

• 5ml ge­ras­per­de suur­le­moen­skil

• 250ml room, styf­ge­klits

1 Meng die koe­kie­krum­mels met ge­noeg bot­ter om die krum­mels aan me­kaar te laat kleef en voer ’n tert­bak daar­mee uit so­dat dit ’n dun kors vorm. Maak se­ker dis e­we­re­dig ver­sprei en nie dik­ker in die hoe­kies nie. As jy wil, bak dit vir 5 mi­nu­te teen 180 °C in ’n voor­ver­hit­te oond om ’n bros re­sul­taat te ver­se­ker en laat dan heel­te­mal af­koel. Hou dit an­der­sins on­ge­bak in die ys­kas tot no­dig.

2 Roer 30 ml koue wa­ter by die ge­la­tien in ’n bak­kie en laat staan tot ge­spons. S­melt dit dan ver­sig­tig deur die bak­kie in ’n gro­ter bak kook­wa­ter te sit en ver­sig­tig te roer tot lo­pe­rig.

3 K­lits die ei­er­ge­le saam met die helf­te van die sui­ker tot dik en don­sig. K­lits ook die ei­er­wit­te en sout in ’n a­par­te meng­bak tot sag­te pun­te vorm en k­lits dan die o­ri­ge sui­ker le­pel vir le­pel by tot dik en glan­send.

4 Om saam te stel, be­gin deur die ge­la­tien, suur­le­moen­sap en -s­kil by die ei­er­geel­mous­se in te vou, ge­volg deur die sty­we room. Roer ’n le­pel vol van die ei­er­wit by om die meng­sel los te maak en vou dan die res ver­sig­tig in. Skep nou die veer­lig­te mousse in die voor­be­rei­de kors en laat staan vir ’n paar uur in die ys­kas tot ge­stol. Ge­niet die tert net so of dol­lie dit op met jou keu­se van ge­klop­te room of Griekse jo­gurt, vars vrug­te, ment en eet­ba­re blom­me­tjies.

Al­ter­na­tief

Skep die vul­sel in mooi gla­se met koe­kie­krum­mel­la­gies tus­sen­in en ’n skep ge­klop­te room bo-op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.