Melk­tert

Tuis - - YSKASTERT -

As jy nie heel koe­kies vir die kors wil ge­bruik nie, ver­vang dit ge­rus met ’n blind­ge­bak­te blaar­deeg- of krum­mel­koe­kie­kors.

Ge­noeg vir so­wat 20 blok­kies Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• so­wat 15 Ten­nis­be­skuit­jies VUL­SEL

• 1,125 li­ter melk

• 30ml bot­ter

• 3 ei­ers plus 2 ei­er­ge­le

• 100g (125ml) sui­ker

• 70g (125ml) koek­meel

• 40g (60ml) mie­lie­blom

• 5ml va­niel­je­geur­sel

• fyn ka­neel

1 Voer ’n groot, reg­hoe­ki­ge tert­bak uit met die heel Ten­nis­koe­kies. Pak die koe­kies met die pa­troon na bui­te – die koe­kie­deel wat bo die vul­sel gaan uit­steek, sal na bin­ne vou na­ma­te dit ver­sag, en dit lyk al­te fraai.

2 Ver­hit die melk tot net on­der kook­punt. Ver­wy­der van die hit­te en roer die bot­ter by. K­lits die ei­ers, ei­er­ge­le, sui­ker, meel en mie­lie­blom saam in ’n a­par­te bak tot goed ge­meng en k­lits dan die warm melk ge­lei­de­lik by tot al­les goed ge­meng is. Giet die vla nou te­rug in die ka­strol en sit dit weer op die stoof oor ma­ti­ge hit­te. Roer met ’n hout­le­pel of ’n bal­lonk­lit­ser tot die meng­sel dik is en be­gin bor­rel. Laat dit vir ’n paar mi­nu­te kook ter­wyl jy aan­hou­dend roer om te ver­se­ker al die meel en mie­lie­blom is gaar en dat die vla nie daar­na proe nie. Roer die va­niel­je by en skep in die voor­be­rei­de kors. Giet ver­sig­tig so­dat die koe­kies nie rond­skuif nie. Laat teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur af­koel en sit daar­na in die ys­kas tot heel­te­mal ge­stol.

3 Om voor te sit Vou die sag­te koe­kies teen die rand oor die vul­sel en sif ka­neel oor (ons het ’n sten­sil ge­bruik vir nog meer de­tail). Sny in blok­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.