Aar­bei­lek­ker­te

Tuis - - YSKASTERT -

Die kom­bi­na­sie van aar­beie en Turk­se lek­kers is ’n per­soon­li­ke guns­te­ling. Die bes­te van al­les is hoe mak­lik dit is om dié in­druk­wek­ken­de tert te maak.

Ge­noeg vir 1 groot tert Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te plus stol­tyd

• 200g aar­beie, in dun sky­fies ge­sny

• 80g aar­bei-jel­lie­poei­er

• 225ml kook­wa­ter

• 230g me­di­um­vet- glad­de room­kaas

• 300ml aar­bei­ge­geur­de vol­vetjo­gurt

• 125ml klap­per­skaaf­sels, droog­ge­roos­ter

• 120g Turk­se lek­kers, in blok­kies ge­sny

• roos­bla­re en ek­stra aar­beie vir gar­ne­ring

1 Voer ’n glad­de ring­koek­pan met kleef­plas­tiek uit en pak sky­fies aar­bei net­jies oor die he­le bin­ne­kant; dit maak ’n mooi pa­troon wan­neer jy die tert om­keer.

2 Los die jel­lie in die kook­wa­ter op en giet om­trent 30 ml van die jel­lie in ’n dun la­gie oor die aar­beie op die bo­dem van die ring­vorm (dié don­ker la­gie is vir die mooi en op­si­o­neel). Sit in die ys­kas om te stol. Laat in­tus­sen die res van die jel­lie af­koel; roer af en toe om te keer dat dit be­gin stol.

3 K­lits die room­kaas tot glad. Voeg die jo­gurt by en k­lits weer tot glad. Voeg laas­te die koel jel­lie by en k­lits tot goed ge­meng en glad. Giet da­de­lik in die voor­be­rei­de ring­vorm. Strooi ’n dik laag klap­per oor om ’n “kors” te vorm en sit die tert in die ys­kas tot ge­stol. 4 Om voor te sit Keer die tert uit op ’n mooi staan­der en ver­wy­der die kleef­plas­tiek ver­sig­tig. Ver­sier met die blok­kies Turk­se lek­kers, roos­bla­re en ek­stra aar­beie. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.