Reeks maak ons op­ge­won­de oor A­fri­kaans

Ri­an van Heerden is die aan­bie­der van ’n nu­we spel­spe­le­tjies­pro­gram wat jou taal­ken­nis toets.

TV Plus (Afrikaans) - - FRONT PAGE -

Vin­nig: Spel fiets! Nie so mak­lik nie, nè? Dis pre­sies hoe­kom die spe­le­tjies­pro­gram Op Die Spel, wat op Dins­dag 14 Ju­lie op kykNET be­gin, so­veel pret gaan wees. Deel­ne­mers moet blit­sig spel en wys hoe goed hul­le A­fri­kaans ken. Die wen­ner kan R50 000 wen – maar dis nie so mak­lik soos a-b- c nie. Daar is skerp A­fri­kaan­se sê­goed, i­di­o­me, a­kro­nie­me, ver­ge­ly­kings en ve­le meer in die 13 e­pi­so­des.

JOU SEXY DING

Die re­gis­seur van die reeks, Ben Heyns van Ho­me­brew Films, be­plan al van­af be­gin 2014 aan die reeks. “Die hoof van kykNET, Ka­ren Mei­ring, het my ge­na­der om die pro­jek van sta­pel te laat loop en A­fri­kaans te be­vor­der. Met die hulp van Ger­hard van Huys­steen, taal­pro­fes­sor en aan­bie­der van S­pe­lin­ter­var­si­ty op RSG, het ons kop­pe by­me­kaar­ge­sit om die spe­le­tjies sexy en aan­trek­lik vir ky­kers te maak.”

Ons taal is baie kom­pleks, ver­tel Ben. “Daar is so­veel in­te­res­sant­he­de, soos wat op­skep­loer be­te­ken, en of dit nou hoe gro­ter gees of hoe gro­ter bees is. Mens dink dalk jy weet wat dit is, maar dan word jy ver­keerd be­wys as die ant­woord ge­gee word.”

Ben sê daar is selfs spra­ke van ’n jong­span­weer­ga­we van die reeks, waar­in kin­ders se spel- en taal­ver­nuf ge­toets gaan word.

AAN DIE STUUR

Die er­va­re aan­bie­der en ra­di­o­pla­te­jog­gie Ri­an van Heerden is aan die stuur in die a­tel­jee en hy is slag­ge­reed om deel­ne­mers reg te help. Ri­an sê hy het al­tyd ge­dink hy’s ’n bo­baas­spel­ler, tot­dat hy by die reeks in­ge­val het.

“Ek het ’n broer­tjie dood aan men­se wat nie kan spel nie, ver­al op so­si­a­le me­dia, en ek skroom nie om hul­le op hul swak spel­ling te wys nie. Maar ek het vin­nig ag­ter­ge­kom ek weet eint­lik niks van spel­ling nie. En dis tra­gies.”

Hy het be­sef hy spel selfs sy eie van ver­keerd, skerts Ri­an. “As ek dink hoe­veel keer ek al be­drog ge­pleeg het el­ke keer wan­neer ek ’n vorm in­ge­vul het, gee dit my koue ril­lings. Hoe­wel daar baie vor­me van spel­ling vir ‘van Heerden’ is, moet die ‘van’ in Van Heerden eint­lik met ’n hoof­let­ter ge­spel word,” sê hy tong in die kies.

Ger­hard word as me­de-aan­bie­der en taal­ge­sag­heb­ber ingespan. “Ek maak se­ker die ant­woor­de wat die deel­ne­mers gee, is kor­rek en aan­vaar­baar,” sê hy.

Ger­hard is ook be­sig om die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut vir A­fri­kaans ( VivA) te loods. “Dis ’n maat­skap­py son­der wins­mo­tief wat met die sa­me­wer­king van die Noord­wesU­ni­ver­si­teit en die ATKV ge­stig is. Dit fo­kus op die ont­wik­ke­ling van di­gi­ta­le toe­stel­le en pro­gram­me wat A­fri­kaans as taal gaan be­vor­der.”

Hy hoop Op Die Spel word net so ge­wild soos Noot Vir Noot (1991-nou). “Dit moet ky­kers weer op­ge­won­de oor die A­fri­kaan­se taal maak.”

Ger­hard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.