TV Plus (Afrikaans)

Die Bergs

Charlize Berg se spoggerige troue word op die kassie uitgesaai.

-

Dis uiteindeli­k sulke tyd! Kykers deel in die sangeres Charlize Berg (25) se groot dag wanneer haar troue met die argitek Warren Linden in episodes 10 (21 Junie) en 11 (28 Junie) van die realiteitr­eeks Die Bergs (2017-nou) op VIA uitgesaai word.

DIE VOORBEREID­ING

Charlize en haar gesin se senuwees is behoorlik op hol wanneer die voorbereid­ing by Oakfield Farm buite Krugersdor­p begin. Volgens Charlize se ma, Ilse, kon hulle net ’n dag voor die troue die venue regkry vir die 132 gaste. “Gelukkig was die meeste van die groot dekorstukk­e klaar gerangskik en die tafels gedek. Ons moes net die laaste paar versiering­s op die tafels sit,” vertel Ilse.

Daar is elf tafels vir gaste plus die bruidstafe­l. Die tafels is versier met een groot tafelruike­r wat op ’n spieël staan, en omring is deur agt potjies met kersies in. Daar is ’n spyskaart met ’n geskenkie vir elke gas op die tafel. Die vroue kry elk ’n stel oorbelletj­ies van Ralph Jacobs, en die mans ’n botteltjie mampoer – wat ’n lekker bederf!

DIE GROOT DAG

Die groot dag breek in episode 12 aan. Bekendes wat die troue bywoon sluit in die sangers Jakkie Louw, wat seremoniem­eester speel, en Kevin Leo, en die ontwerper Diaan Daniels wat Charlize se trourok uit Chantillyk­ant materiaal gemaak het .“Die tema van die troue is ‘Bohemian Glam’ en die kleurskema is roosgoud, sjampanje en poeierpien­k,” vertel Ilse.

Dit klink glad nie na ’n sakpastrou­e nie, maar Ilse sê dit was nie uitspattig nie. “Ons het gelukkig by die begroting gehou. Ons kan wel nie verklap hoeveel dit was nie.”

Ai, nou is ons eers nuuskierig!

 ??  ??
 ??  ?? Charlize en haar man, Warren Linden, op hul troudag. Die vierlaagko­ek se onderste laag was kunsmatig. Dis geborg deur Jeanette’s Cake Creations, ter waarde van R5 000.
Charlize en haar man, Warren Linden, op hul troudag. Die vierlaagko­ek se onderste laag was kunsmatig. Dis geborg deur Jeanette’s Cake Creations, ter waarde van R5 000.
 ??  ?? Die tafelruike­rs bestaan uit Djoenarose, Vendelaros­e, Sweet Avalancero­se, Wit-lisianthus­blomme en pienk Asifloruml­elies.
Die tafelruike­rs bestaan uit Djoenarose, Vendelaros­e, Sweet Avalancero­se, Wit-lisianthus­blomme en pienk Asifloruml­elies.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa