TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: Botched, The Final Cut, Boer Soek ’n Vrou

Dr. Terry Dubrow vertel ons van gespesiali­seerde chirurgie, sy lewe as ’n TV-dokter en meer in seisoen 4 van Botched.

-

Plastiese chirurgie verloop nie altyd volgens plan nie. Dis wanneer die span van die realiteits­reeks Botched (2014-nou) ontbied word. Ons het met dr. Terry Dubrow in sy LA-kantoor gesels, en dit lyk of die nuwe seisoen van die regstel van mislukte operasies na ’n nuwe vlak geneem word. “Sommige van die goed waaraan ons werk, is belaglik,” sê die 59-jarige. “Daar is sommige baie hartseer stories. Ons behandel ’n vrou wat haarself met opplomp-voorrade en bandseëlaa­r in haar gesig ingespuit het as ’n vuller. Sommige gevalle vereis maande van navorsing voordat ons die operasie kan doen.”

Wat’s nuut in seisoen 4? In die eerste drie seisoene het ons op die operasies gefokus. Die keer word daar meer aandag aan die pasiënte se stories gegee. Ja, jy sal steeds operasies en grafiese beelde sien, maar die lewensverh­ale kom eerste. Julle is al 43 episodes ver – het jy ’n TVloopbaan beplan? Nie regtig nie – ek het

nie die gesig vir TV nie. [Lag.] Ek was tevore op TV – in [die realiteits­reeks] Swan in 2004 en in Bridalplas­ty (20102011). Hang al die TV-dokters rond nadat hulle

klaar verfilm het? [Lag.] Ons ken mekaar hoofsaakli­k deur kongresse en mediese werksessie­s. Ek hang nie met dokters uit op sosiale vlak nie – ek het ’n privaat lewe en dis belangrik om ’n duidelike onderskeid te tref. Ek ken dokters Drew en Oz (Dr. Drew On Call, 2011-2016, en The Dr. Oz Show, 2009-nou), maar ons praat glad nie oor werk nie. Moes jy al ooit tevore ’n ander dokter vra om met ’n ingewikkel­de operasie te help? Nee. Die soort operasies waarin ek spesialise­er, doen basies niemand anders nie. Dit maak my die ekspert. Is daar enige operasies wat jy nie doen nie? Beslis – ek raak nie aan neuse nie. My vennoot, dr. Paul Nassif, is die neusspesia­lis, en ek fokus op abdominale en borsverwan­te operasies. Jy’s ook die reeks se uitvoerend­e vervaardig­er . . . Ja, en dit het my baie idees gegee vir ander reekse, soos Botched By Nature (2016-nou). Maar terselfder­tyd word ek toegelaat om met my dokterswer­k aan te gaan terwyl ons TV-span hul werk doen.

 ??  ?? Dr. Dubrow (bo) en sy vennoot in die reeks, dr. Nassif (regs).
Dr. Dubrow (bo) en sy vennoot in die reeks, dr. Nassif (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa