Dra­ma: Vlug Na Egipte

Vir Le­an­die du Randt Bosch het ’n TV-rol deu­re oop­ge­maak.

TV Plus (Afrikaans) - - BLAAI NA DIE BLAD -

“Ek het op my knieë ge­sak en hard­op be­gin huil toe ek hoor ek het die rol van Lea in Vlug Na Egipte (2015-nou) ge­kry,” ver­tel die ak­tri­se Le­an­die du Randt Bosch (28). Dit was 2013 en sy ont­hou Bou­wer Bosch, die san­ger, ak­teur en aan­bie­der van Flits (Don­der­dae om 22:00 op kykNET), wat toe haar v­riend was, het langs haar ge­staan. Twee jaar la­ter is hul­le ge­troud en wan­neer Le­an­die te­rug­kyk op haar loop­baan se­dert­dien, kan sy nie glo al­les het met daar­die op­roep be­gin nie.

’N VERHUISING

“Vlug Na Egipte is iets be­son­ders,” sê Le­an­die oor die reeks wat nou op SA­BC2 op gra­tis TV uit­ge­saai word ná dit in 2015 op kykNET te sien was. Die draai­boek is ge­skryf deur Paul C. Ven­ter, ook be­kend vir tref­fer­reek­se soos Ko­nings (1992) en To­rings (1994).

In Vlug Na Egipte ver­huis die stu­dent Lea (Le­an­die) en haar ou­ers, C­har­les (Mar­cel S­choe­man) en Le­na (Cla­ra Jou­bert), na die fik­tie­we dor­pie B­rei­paal in die Ka­roo ná ’n trau­ma­tie­se ge­beur­te­nis. “Lea is ’n tom­boy en nie op haar mond ge­val nie,” ver­tel Le­an­die. “Sy is ’n reg­te wil­le­wrag­tag en het ’n wil van haar eie. Haar groot­ste troef­kaart is sy kan lieg son­der om te blik of te bloos. As Lea het ek glad nie gri­me­ring ge­dra nie, in teen­stel­ling met my rol as I­van­ka [2014-2016] in die se­pie Binnelanders [2004-nou], toe ek daag­liks trou­gri­me­ring aan­ge­had het,” skerts Le­an­die.

Le­an­die wil nie uit­lap wat die trau­ma is wat haar ge­sin be­leef het nie. “Maar ek kan wel sê Lea was baie ge­kant teen die trek van P­re­to­ria na B­rei­paal. Die trau­ma het haar ou­ers se ver­hou­ding ne­ga­tief be­ïn­vloed en dit was baie moei­lik vir Lea om te han­teer.”

BIBBERKOUE KA­ROO

Vlug Na Egipte en sy op­vol­g­reeks, Te­rug Na Egipte (2016-nou), is op die Noor­dKaap­se Ka­roo­dor­pie Ha­no­ver ver­film, waar die tem­pe­ra­tuur in die win­ter dik­wels on­der vries­punt was. “Ek het Ha­no­ver agt we­ke my huis ge­maak en was heel­te­mal af­ge­sny van my le­we en ge­lief­des in Gau­teng. En as ek eer­lik moet wees, was die ver­wy­de­ring baie goed vir my to­neel­spel en groei as ak­tri­se,” sê Le­an­die. “Ek het ge­bib­ber van die koue, maar dit het my ge­help om my ka­rak­ter be­ter te ver­tolk en in die klein­dorp­se men­ta­li­teit van die reeks te kom.”

SLANK EN SLANKER

Le­an­die gaan van krag tot krag. Sy het ge­speel in die A­fri­kaan­se flieks Die Wind­pomp (2014) en Jag­veld (2017), die TV-reeks Ge­troud Met Rug­by – die dra­ma­reeks (2009-2015), en is die aan­bie­der van die ge­wigs­ver­lies-re­a­li­teits­reeks Slank (2016-nou). Die twee­de sei­soen van Slank be­gin op Son­dag 9 Ju­lie op kykNET.

“In dié sei­soen is ek en die ky­kers meer be­trok­ke by die deel­ne­mers se reis na ge­sond­heid en ge­wigs­ver­lies. Ons sien meer van hul fa­mi­lie en vrien­de, en ek gaan saam met hul­le na dok­ters­af­spra­ke en oe­fen­ses­sies,” ver­tel Le­an­die. Daar is 13 e­pi­so­des en die deel­ne­mers kom van reg­oor Gau­teng. “In­dien die reeks weer her­nu word en uit­brei, sal dit ook deel­ne­mers uit an­der pro­vin­sies in­sluit,” voeg sy by.

MO­DE EN PA­TRO­NE

Dié be­si­ge blon­de­kop flo­reer on­der druk en ’n groot werk­la­ding. “Hoe meer ek het om te doen, hoe pro­duk­tie­wer is ek. Ek dink dis hoe ek be­draad is. Ek pri­o­ri­ti­seer my ta­ke en maak ook tyd vir fa­mi­lie en vrien­de.”

Nog ’n on­der­ne­ming waar­mee Le­an­die on­langs be­gin het, is haar aan­lyn mo­de­win­kel, S­koon­ma. “Die naam is S­koon­ma, want my reg­te s­koon­ma, Ma­rie Bosch, maak die kle­re van ou pa­tro­ne van my ma, El­ma­rie, wat in 2014 aan Al­z­hei­mer­siek­te oor­le­de is,” ver­tel Le­an­die. “Ek dra dik­wels kle­re van twee­de­hands- en vin­ta­ge-kle­re­win­kels, en al­mal vra waar ek dit ge­koop het. Nou, met S­koon­ma, kan e­nig­een sul­ke skep­pings dra.”

Of dit haar mo­des­in of to­neel­speel­ta­lent is – Le­an­die is be­sig om haar dro­me waar te maak.

Le­an­die soos sy lyk as die ei­e­wil­li­ge stu­dent Lea in Vlug Na Eg­pi­te.

Le­an­die en haar man, Bou­wer Bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.