TV Plus (Afrikaans)

Tyd om te boet

Lesedi gun Chris geen verligting, troos of resolusie nie.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die vernuftige prokureur Lesedi (KB Motsilanya­ne) het behoorlik haar mes in vir haar mentor, die besigheids­man Chris (David Rees). Dis nadat sy uitgevind het hy was verantwoor­delik vir ’n moord jare tevore waarvoor haar pa, Jacob (Patrick Shai), die skuld gedra en agter tralies beland het. “Haar wraakplan is nou ten volle in werking en sy is nie van plan om Chris ’n oomblik te laat ontspan nie,” sê KB oor haar karakter. Maar jy moet oppas, Lesedi, want Chris se vrou, Mariaan (Deirdre Wolhuter), besef daar knaag iets aan haar man, en sy sal enigiets doen om haar gesin te beskerm.

DIE PLAN DUUR VOORT

Chris is paniekbeva­nge, want op Dinsdag 13 Junie het hy gedink hy het Justin (Dann-Jacques Mouton), wat homself soos ’n inbreker vermom het, doodgeskie­t toe Justin Lesedi “leed” wou aandoen. “Dit was alles deel van Lesedi se wraakplan, en in die toneel het sy net vir Chris gesê hy moet ’n slaappil gaan drink en sy sal van die ‘lyk’ en pistool ontslae raak,” sê KB.

Chris, wat reeds wroeg omdat hy iemand “vermoor het”, se angsvlakke het op Dinsdag 20 Junie gestyg toe sersant Davis (David Konrad) hom gebel en laat weet het hulle het Chris se pistool gevind en dis in ’n gewapende rooftog gebruik. Chris weet natuurlik nie die sersant is ook een van Lesedi se kontakte vir wie sy groot geld opgedok het om Chris verder te treiter nie.

GEEN TROOS

Chris probeer alles op Woensdag 21 Junie om sersant Davis van sy spoor af te kry. Hy sê bloot die pistool moes uit die huis gesteel gewees het en hy het geen kennis van ’n gewapende rooftog nie. ’n Verwarde Chris probeer op Donder- dag 22 Junie met Lesedi gesels, maar sy ignoreer sy oproepe en verontagsa­am hom. “Sy wil hê hy moet sweet,” sê KB. “Sy gun hom geen verligting nie en kry lekker om te sien hoe hy spartel.”

Teen die einde van die episode keer Chris vir Lesedi by Oppiekoffi­e voor en konfrontee­r haar oor haar stilte. Sy weier om met hom te gesels en in ’n oomblik van frustrasie gryp hy haar aan die arm net wanneer haar pa, Jacob, om die draai kom . . . Lesedi ruk haar arm vinnig uit sy greep en maak spore en trek haar pa saam met haar, voordat Chris hom sien en haar plan inmekaartu­imel.

LESEDI SPEEL MET VUUR

Jacob en Lesedi argumentee­r op Vrydag 23 Junie oor die vorige dag se gebeurteni­s. “Jacob het vir Lesedi uitdruklik gesê sy moet wegbly van Chris, maar Lesedi kan dit wat Chris aan haar pa gedoen het, nie ongestraf laat bly nie,” sê KB. Intussen begin Mariaan bekommerd raak oor wat presies aan die gang is wanneer sersant Davis weer by die huis na Chris kom soek.

MARIAAN SOEK ANTWOORDE

Die beskermend­e Mariaan is onder die indruk Davis ondersoek net vir Chris oor die gewapende rooftog. Sy ontmoet Davis Dinsdagaan­d 27 Junie skelm en probeer hom omkoop om die ondersoek te laat vaar, maar Lesedi vind op Woensdag 28 Junie van die ontmoeting uit. “Sy is onkant gevang en konfrontee­r Chris oor Mariaan wat in hul sake inmeng,” vertel KB, en dis soos olie op haar wraakvuur.

Dit lyk nie of dinge warmer kan raak vir Chris nie, maar met Mariaan wat nou ook betrokke is, gaan iemand beslis hul vingers verbrand.

 ??  ?? Die wraaklusti­ge Lesedi.
Die wraaklusti­ge Lesedi.
 ??  ?? Mariaan.
Mariaan.
 ??  ?? Jacob.
Jacob.
 ??  ?? Chris.
Chris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa