TV Plus (Afrikaans)

Kwêla

Seisoen 19 kykNET (*144) 20:30 Leefstyl

-

Sy’s ’n model, ma van twee woelwaterd­ogters, Katerien (3) en Elise (2), en TV-aanbieder van die kykNET-reekse Boer Soek ’n Vrou (2008-nou) en Kwêla (1999-nou) – Minki van der Westhuizen (33) is voorwaar ’n besige by. Ons het gaan hoor hoe sy die balans handhaaf.

Hoe hou jy kop tussen jou familie, jou werk as veldaanbie­der vir Kwêla en jou werk as aanbieder van Boer Soek ’n Vrou?

Ek probeer alles met oorgawe doen waar ek ook al is. Wanneer ek by die huis is, is ek 100% ma, en by die werk is ek daarop gefokus. Ek’s ook meer snoep wanneer ek nie besig is met opnames vir Boer Soek ’n Vrou nie, sodat ek meer tyd saam met my gesin kan deurbring.

Watter insetsel wat jy vanjaar vir Kwêla gedoen het was jou gunsteling?

Ek’s mal oor kos-insetsels. Chrisna Pepler se Olywe [in Maart vanjaar uitgesaai] en Karen Hart se opnames vir haar boek Toor Met Hoender [in April uitgesaai] was van my gunsteling­e.

Die leefstylpr­ogram Kwêla is al deel van die kykNET-familie sedert die kanaal in 1999 begin het. Hoekom is die program steeds so gewild?

Dis ’n eerlike en opregte goedvoel-program. Die aanbieders het almal warm persoonlik­hede – van Coenie de Villiers, wat die hoofaanbie­der was [van 1999-2014] tot Hannes van Wyk, wat die leisels by hom oorgeneem het [in 2015]. En ek dink die publiek kan goed met ons almal identifise­er. • Lees meer oor Minki in Boer Soek ’n Vrou, bl. 33.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa