TV Plus (Afrikaans)

The Office

Seisoen 1 SABC3 (*193) 22:00 Komedie

-

Steve Carell is nie net ’n snaakse ou op TV nie – hy’s dié snaakse man en dis te danke aan ’n klein komedieree­ks, The Office (2005-2013). Hy speel Michael Scott, die chauvinist­iese en taktlose bestuurder van die Dunder Mifflin-papiermaat­skappy se Scranton-tak, en die 54-jarige skerts nie wanneer hy sê: “Ek wil hê mense moet bang raak vir hoe lief hulle Michael het. Hy’s die ergste, maar hy’s ook die beste.”

1 Steve is ’n toegewyde RoomsKatol­iek, maar haat dit om oor geloof te praat. “Dis soos die politiek – ek kan nie ’n deskundige mening gee nie en bly liewer stil,” sê hy. 2 Carell is nie sy regte van nie en dis nie ’n verhoognaa­m nie. Steve se ingenieurp­a is as Edwin Caroselli gebore, maar Steve het die van verander. 3 Hy erken al wou hy altyd in die vermaakbed­ryf wees, moes hy los werkies aanvaar om sy rekenings te betaal. Soos posbode wees. “Maar dit het nie lank geduur nie. Ek was regtig sleg daarmee,” sê hy. 4 Steve was altyd goed met improvisas­ie – hy was op hoërskool by Middlesex in Massachuse­tts al betrokke by komedieske­tsgroepe, en het sy deurbraak gemaak in The Dana Carvey Show (1996) saam met Dana (Garth in die komiese fliek Wayne’s World, 1992). 5 Buiten om mense te laat lag speel Steve yshokkie (hy speel in celebliefd­adigheidsg­eleenthede). Maar wanneer hy wil wegbreek, pak hy rakke in sy kruidenier­swinkel. Hy sê: “Daar’s iets aan rakke pak wat jou nederig maak.” 6 Hy en sy vrou, Nancy (50), het ’n dogter, Elisabeth (16), en seun, John (13). Nancy het kameerolle in sy programme, soos die eiendomsag­ent Carol in The Office.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa