TV Plus (Afrikaans)

BEDFORD WIVES

-

Almal praat oor die reeks, maar kan jy nou begin kyk? Ja, dis wat jy moet weet: Seisoen 1 Donderdae SABC3 (*193) 19:30 Episodes 4 & 5 Gigi (Gabriella Cirillo) se eksman is in sy Bedfordvie­w-restaurant vermoor, wat die misdadiger­s se planne fnuik in die dramedie Bedford Wives (2017nou). 1 Gigi se kêrel Costa (Russel Savadier) het “die besigheid” in episode 1 (24 Aug.) oorgeneem en gebruik dit om misdaad te verdoesel. 2 Gigi het die restaurant vir haar eksman Marco (Jonathan Taylor) “bestuur” en het dalk weer by hom geslaap. Marco het alles aan sy 3 huidige vrou, Despina (Sharon Wagner), nagelaat en so Gigi en George (Blaine Shore), Gigi se seun by Marco, uitgesny. Despina was so behep 4 oor sy uit die Mev. SA-kompetisie in episode 2 (31 Aug.) geskop is, sy het nie gemerk Gigi steel die kollig as die treurende weduwee by haar pelle nie. Maar Gigi en Despina 5 het in episode 3 (7 Sep.) saamgewerk toe Marco se kriminele kontakte “’n aflewering” geëis het.

 ??  ?? Die Bedford Wives probeer mekaar om elke hoek en draai oortref.
Die Bedford Wives probeer mekaar om elke hoek en draai oortref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa