TV Plus (Afrikaans)

18 – 22 SEPTEMBER

-

Nina vind uit Majola sien ook iemand anders en sy’s woedend. Barker het ’n sluipmoord­plan in gedagte, en Kgothalo gee Nikiwe die motivering­spraatjie wat sy nodig het om Gabriel te hanteer. Bev en Nina vind uit hulle is albei “die ander vrou” en hulle voel verraai deur Majola. Hendrik gee uiteindeli­k toe en sê vir sy dikbek dogter Anja sy’s nie meer gehok nie en kan na haar matriekafs­keid gaan. Georgie se kantoor word geplunder, en die dood staar die Lategans in die gesig wanneer die Erfenisdag­vieringe deur ’n groep gewapendes onderbreek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa