TV Plus (Afrikaans)

Doen soos ons sê!

Sphe wil skei, maar die Moroka-oudstes is nie ingenome nie.

-

Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Wees gewaarsku, Sphe (Pearl Monama) – jy gaan nie met ’n eenvoudige versoek uit jou gereëlde huwelik met die sakeman Mazwi (Musa Ngema) kom nie. Die gekwelde dokter het haar vervreemde man op Dinsdag 12 September gevra om te skei, maar “die oudstes sê vir Sphe daar sal nie ’n egskeiding wees nie”, vertel Pearl. “Hulle sê vir haar ‘dinge sal uitwerk’ en almal sal gelukkig wees.” Die egoïstiese Mazwi gee nie eers om oor sy vrou nie – hy wil sy babadogter, Rorisang (Lethokuhle Jiyane), hou en Pearl voeg by: “Die skeistorie is ’n skok vir hom. Mazwi gaan terugbakle­i!”

FAMILIE-VERSTERKIN­GS

Maar Sphe het genoeg gehad en wil padgee, verduideli­k Pearl, en voeg by Mazwi roep op Maandag 18 September versterkin­gs in. “Hy betrek hul families en vra hulle om sin in Sphe se kop te praat.” Sphe waardeer dit nie dat sy deur familieled­e aangespree­k word nie, en sy’s net meer vasbeslote om Mazwi te los. “Die oudstes sê vir haar dis nie hoe dit ‘werk’ om ’n Moroka te wees nie. ’n Moroka het waardighei­d en respek en uithouverm­oë,” verduide- lik Pearl. Die oudstes is nie bereid om op Dinsdag 19 September na Sphe te luister nie. “Sy moet aan hulle gehoorsaam wees, of sy sal deur die familie uitgesluit word.”

BABA-TROEFKAART

Sphe het die egskeiding op die ordentlike manier probeer aanpak, maar omdat dit haar nêrens bring nie, oorweeg sy op Woensdag 20 September ’n ander benadering. “Sphe is reg om vir Mazwi te sê hy is nie ’n pa nie. As sy hom vertel Rorisang, die baba aan wie hy so geheg is, is eintlik sy broer (Moopi Mothibeli) se kind, sal sy uit die huwelik kan kom,” sê Pearl. Dis iets waarop die oudstes nie gereken het nie – dit was buitendien hul idee dat Sphe middel-2016 swanger word ná hulle uitgevind het Mazwi is steriel.

Smanga NUWE PERSPEKTIE­F

Mazwi het planne van sy eie en probeer sy vrou op Maandag 25 September terugwen. “Hy besef nie hy gaan oorboord nie,” sê Pearl. “Mazwi skrik Sphe eintlik af, maar hy probeer ook sy eie bas red.” Pearl voeg by: “Sphe weet watter stryd vir haar voorlê. Die oudstes het vir haar gesê om die huwelik te verduur, maar dit gaan nie gou gebeur nie. Sy is reg vir oorlog!”

 ??  ?? Baba Rorisang gaan ’n troefkaart in die skeidrama wees. Sphe (regs) sê vir haar man, Mazwi (2de van regs), en haar ouers, Jack en Nandi, sy wil skei.
Baba Rorisang gaan ’n troefkaart in die skeidrama wees. Sphe (regs) sê vir haar man, Mazwi (2de van regs), en haar ouers, Jack en Nandi, sy wil skei.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa