TV Plus (Afrikaans)

Musiekkape­rjolle

Die sangeres Nádine is terug in die speletjies­program Musiek Roulette – en sy deel ’n paar wenke spesiaal met ons.

-

Musiek Roulette

Seisoen 4 Donderdae SABC 2 (*192) 19:00 (begin 21 September)

Die borrelende sangeres Nádine weet hoe om die leisels vas te hou in Musiek Roulette. Sy moet haar storie ken en baie weet van die liedjies in elke episode, asook die gaskunsten­aars, sodat sy hulle aan die gehoor kan voorstel. Daarbenewe­ns kan ’n mens haar altyd deur ’n ring trek en sy weet presies hoe om voor die kamera te beweeg, want sy is al jare in die kollig en die musiekbedr­yf. Nádine deel ’n paar van haar aanbieding­s- en voorkomsge­heime met ons.

5 BELANGRIKE HAARWENKE

1 Jou kleur en haarstyl moet jou persoonlik­heid weerspieël. 2 Kies haarproduk­te wat die beste vir jou tipe hare en lewenstyl is, en nie noodwendig net haarproduk­te wat lekker ruik of spotgoedko­op is nie. 3 As jy dikwels uiterste hitte op jou hare gebruik, soos stryk- en krultange, moet jy gereeld ’n haarmasker aanwend wat jou hare voed. 4 As jy graag jou hare in poniestert­e bind, hou in gedagte dat haarbandji­es ook jou hare kan breek – kies dus die regtes wat van rekbare materiaal gemaak is. 5 Gee jou hare elke dan en wan ’n rusdag om te herstel – jy hoef dit nie elke dag te stileer nie.

5 BELANGRIKE GRIMEERWEN­KE

1 Rooi lippe is sensueel maar soms onprakties. As jy jou lippe donker maak, maak seker die lipstiffie gaan nie oor jou natuurlike liplyn nie. 2 Pluk gereeld jou wenkbroue. Perfekte grimering en woeste wenkbroue lyk nie goed saam nie. 3 Sorg dat jy altyd die regte kleur onderlaag dra. Jou vel is gewoonlik bruiner in die somer, en jou gesig moet dan nie ’n ligter skakering as jou velkleur wees nie. 4 Vermy pienk blosser, en wend eerder bruin of ’n perskekleu­r aan. 5 Verwyder jou grimering saans deeglik voor jy gaan slaap. Verfris en voed jou vel – velsorg is net so belangrik as grimering.

 ??  ?? Nádine in aksie.
Nádine in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa