TV Plus (Afrikaans)

HET JY GEWEET?

-

• Agter die skerms is die Pasellaaan­bieders (en die ooievaar) net so bedrywig: • Paul Rothman en die model Candice Boucher se babaseuntj­ie, Wolfe, is op 15 Maart gebore. Ouerskap het Paul geïnspiree­r om ’n kinderboek, Waya The Warrior Wolf, te skryf. • Vicky Davis en haar man, Schalk Joubert, se tweede kind is einde Augustus gebore. • HemelBesem en sy vrou, die hiphop-kunstenaar YOMA (Claudia Britz), verwag hul eersteling. • Dieter Voigt gaan op 15 September in sy hoedanighe­id as onderwyser saam met sy skool se Suid-Afrikaanse tweekamp-atlete Spanje toe, waar hulle aan die tweekampwê­reldspele deelneem. • Melinda Bam neem in November aan die SABC3-realiteits­program Tropika Island Of Treasure op die eiland Maledive deel. (In die reeks ding lede van die publiek saam met bekendes mee in spanne, wat elk uit twee lede bestaan.) • Sean-Marco Vorster, wat vanjaar ’n ATKV-mediaprys vir beste aanbieder van ’n vermaaklik­heidsprogr­am gekry het, is einde November in die fliek Susters te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa