Die skrif is aan die muur

Chris is ja­loers op Lee-Ann se nu­we ro­man­se met A­dam.

TV Plus (Afrikaans) - - SUIDOOSTER -

As jy een van die Suid­oos­ter-ky­kers is wat vas­klou aan die hoop dat die sa­ke­vrou Lee-Ann (Por­tia Joel) en die af­ge­tre­de po­li­sie­man Chris (Mar­cel van Heer­den) weer by­me­kaar sal kom, het ons s­leg­te nuus: Lee-Ann is ge­luk­kig saam met haar nu­we kê­rel A­dam Jan­tjies (Ke­vin S­mith). Dit maak die groen mon­ster in Chris wak­ker en die mon­ster soek nou sy vy­and se swak­plek­ke.

DIE GE­SKIE­DE­NIS

Lee-Ann en Chris se paad­jies het in Ja­nu­a­rie van­jaar ge­skei toe Lee-Ann by haar ont­voer­der C­har­lie (Se­an B­reb­nor) uit­ge­vind het Chris en haar swa­er Ian (Abduragh­maan A­dams) was ja­re ge­le­de ver­ant­woor­de­lik vir haar pa, Hen­ry, se dood in ’n skiet­voor­val.

Lee-Ann het al­le ban­de met Chris ver­breek, maar Mar­cel sê. “Ek dink nie Chris sal oor Lee-Ann kom nie. Hy’s nog lief vir haar.”.

In­tus­sen is Ian be­sig om moei­lik­heid te maak op Woens­dag 11 Ok­to­ber wan­neer hy Lee-Ann op­set­lik in die duis­ter laat oor be­lang­ri­ke sa­ke­be­slui­te by Suid­oos­ter-Eien­dom­me. “A­dam werk vir Suid­oos­ter-Eien­dom­me se groot­ste kom­pe­ti­sie, Pan­vis­ta Eien­dom­me. Ian is se­ker A­dam het by­be­doe­lings en hy vra die­self­de dag vir Chris om on­der­soek in te stel so­dat hul­le kan uit­vind hoe­kom A­dam en Lee-Ann in ’n ver­hou­ding is,” voeg Mar­cel by.

LEE-ANN VER­MOED ONRAAD

Ian ver­bied sy werk­ne­mers, R­ha­fiek (Irs­haad Al­ly) en Car­men (De­si­ré Gard­ner), op Don­der­dag 12 Ok­to­ber om Lee-Ann te laat weet Ian sluit haar uit, maar Lee-Ann is te slim vir hom. Op Maan­dag 16 Ok­to­ber is Lee-Ann moeg vir die koue at­mos­feer, ge­reed om met Ian af te re­ken en oor­weeg dit om te be­dank. Chris be­sef op Dins­dag 17 Ok­to­ber die skrif is aan die muur wan­neer Lee-Ann fi­naal be­sluit om Suid­oos­terEien­dom­me te groet en ’n nu­we le­we saam met A­dam te be­gin. “Hy be­sef vir die eer­ste keer Lee-Ann is hom vir e­wig ver­lo­re. En tog ver­trou hy steeds nie vir A­dam nie en is meer vas­be­slo­te om uit te vind wat sy wa­re mo­tief is,” sê Mar­cel. Chris pro­beer weer op Dins­dag 24 Ok­to­ber in A­dam se sa­ke krap, maar Ian keer hom. Ons won­der hoe­kom Ian hom nou met die saak be­moei en of dit die laas­te is wat ons van Lee-Ann gaan sien.

A­dam en Lee-Ann se ver­hou­ding blom. Chris is nog lief vir Lee-Ann en wil graag van A­dam ont­slae raak.

Ian.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.