Die groot 30

Bold & Beau­ti­ful vier drie de­ka­des van dra­ma, skan­da­le en mo­de. Kyk net na die ge­wil­de se­pie se in­druk­wek­ken­de sy­fers!

TV Plus (Afrikaans) - - BOLD -

Die se­pie The Bold And The Beau­ti­ful staan ná 30 jaar nog sterk na­dat ky­kers die eer­ste keer in 1987 met die For­rester-fa­mi­lie ken­nis ge­maak het. En al­les is ge­oor­loof wan­neer dit kom by sa­ke­tran­sak­sies, rug­ste­ke­ry en af­fairs, ver­al wan­neer die man-ste­ler Brooke Lo­gan (Kat­her­i­ne Kel­ly Lang) be­trok­ke is. Het jy ge­weet sy is een van net twee ster­re wat se­dert die heel eer­ste e­pi­so­de deel van die se­pie is?

Die 56-ja­ri­ge ak­tri­se was by die 2017-Mon­te Car­lo-TV-fees (waar tvplus saam met die Bold-ster­re hul myl­paal ge­vier het, met dank aan SABC3), waar sy die 2017- Gol­den Nymph-toe­ken­ning vir bes­te se­pie in ont­vangs ge­neem het. “Der­tig jaar!” het Kat­her­i­ne by die glans­ry­ke ge­leent­heid ge­sê. “Ek kan dit am­per nie glo nie en ek is se­ker daar­van nie een van ons het ge­dink ons sou so ver kom toe ons in 1987 be­gin het nie. Ons aan­han­gers is on­ge­loof­lik, dat hul­le dag vir dag hul TV aan­ska­kel en el­ke e­pi­so­de van Bold kyk in die taal van hul keu­se. Hul­le het deur al haar moei­lik­he­de en suk­ses­se by Brooke ge­staan. Ek sê net dan­kie vir jul vol­ge­houe on­der­steu­ning en dat jul­le net so lief vir ons ka­rak­ters is as wat ons is!”

John M­cCook (E­ric) en Kat­her­i­ne (Brooke) is al van dag een af by Bold! Kat­her­i­ne Kel­ly Lang, met haar me­de­ster­re langs haar, aan die woord by Bold se ma­kie­tie in Mon­te Car­lo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.