Vat dit of los dit

Die Ma­put­las is te­leur­ge­steld wan­neer Lee­to keer dat die mis­han­de­laar Den­nis tronk toe gaan.

TV Plus (Afrikaans) - - SKEEM SAAM -

Die pro­ku­reur Lee­to (E­ric Ma­cheru) is vas­ge­vang tus­sen die dui­wel en die diep blou see. Sy baas, adv. Bo­pa­pe (Pa­trick Bo­ka­ba), gee Lee­to op Dins­dag 17 Ok­to­ber sy eer­ste groot saak – hy moet die mis­han­de­laar­eg­ge­noot Den­nis (C­le­vy Sek­ga­la) uit die tronk hou. “Lee­to weet sy fa­mi­lie gaan nie hier­mee saam­stem nie. Hy aan­vaar die saak, want hy wil Bo­pa­pe trots maak, maar hy weet daar kom dra­ma,” sê E­ric. Al­mal in Turf­loop sou wou hê Den­nis moet ag­ter tra­lies be­land om­dat hy sy vrou St­ho­ko (In­no­cent Sa­di­ki) mis­han­del, maar Lee­to kan nie die kans om voor­uit te gaan in die regs­fir­ma laat ver­by­gaan nie. “Aan die een kant is Lee­to hui­we­rig – hy wil ook so mag­tig wees soos Bo­pa­pe, maar sy fa­mi­lie is teen Den­nis – en dit gaan ’n groot pro­bleem wees,” ver­dui­de­lik E­ric.

NUG­TER BE­SLUIT

Ná ’n nag van rond­rol sê Lee­to vir Bo­pa­pe op Woens­dag 18 Ok­to­ber hy is nie ge­reed vir die ne­ga­tie­we aan­dag wat die saak om­ring nie. Dit ver­oor­saak kon­fik tus­sen hul­le. “Bo­pa­pe is ge­skok! Hy kan nie glo Lee­to laat toe dat sy per­soon­li­ke me­ning sy oor­deel aan­tas nie,” sê E­ric – wie se ka­rak­ter bang is sy ma, Mei­kie (Har­riet Ma­na­me­la), gaan woe­dend wees wan­neer sy van die saak uit­vind. Al het Mei­kie al­le re­de om Den­nis te ver­af­sku om­dat hy Mei­ki se bes­te vrien­din, Ma’ N­tu­li (Die­kets­eng M­ni­si) se dog­ter hel op aar­de gee, aan­vaar Lee­to die saak – maar wil dit vir sy fa­mi­lie weg­steek. “Mei­kie vind dit tog uit en is ont­steld,” waar­sku E­ric. Sy pro­beer hom op Vry­dag 20 Ok­to­ber oor­reed om die saak te los. “Vir Mei­kie gaan dit nie net oor Ma’ N­tu­li se dog­ter nie. Sy wil Den­nis ag­ter tra­lies sien om­dat hy vroue mis­han­del – maar dis nie deel van Lee­to se op­drag nie en hy gaan voort met die saak,” sê E­ric.

KLOP AAN DIE DEUR

Met al die dra­ma by die Ma­put­las is hul­le ge­skok wan­neer Lee­to se vrou, Mok­ga­di (Pe­bet­si Mat­lai­la), se lang­ver­lo­re seun, I­tu­me­leng (Ti­is­et­so Mas­ha­la), la­ter op Vry­dag 20 Ok­to­ber op­daag. “Dis cha­os,” sê E­ric lag­gend. Die fa­mi­lie is reeds ver­deel oor Lee­to se be­sluit oor die saak – en die skie­li­ke gas is nog ’n re­de vir die in­men­ge­ri­ge Mei­kie om te gil en skree. “Daar is s­pan­ning, maar Lee­to en Mok­ga­di staan vas en laat nie toe dat Mei­kie hul­le be­heer nie. Dit gaan nie mak­lik wees nie – nie net oor die hof­saak nie, maar oor Mok­ga­di se nuut­ge­von­de ver­hou­ding met haar seun,” ont­hul die ak­teur.

Die Ma­put­las kry ’n on­ver­wag­te be­soe­ker. Lee­to tree teen sy fa­mi­lie se wen­se op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.