Met bal in die hand

Die ak­teur en san­ger I­zak Da­vel leer die wê­reld van la­er­skool­rug­by ken in ’n nu­we re­a­li­teits­reeks.

TV Plus (Afrikaans) - - REALITEIT -

Rugbyramme Sei­soen 1 Sa­ter­dae kykNET & kie (*145) 16:00

Die 34-ja­ri­ge I­zak Da­vel (se­dert 2014 Brad­ley Hai­nes in I­si­din­go) trek ’n nu­we baad­jie aan – dié van TVaan­bie­der vir die nu­we kykNET & kie-reeks Rugbyramme (2017-nou). Met ’n mi­kro­foon in die hand en ’n ka­me­ra­man aan sy sy be­soek hy 96 la­er­sko­le land­wyd wat deel­neem aan ’n splin­ter­nu­we la­er­skool­rug­by­li­ga wat deur kykNET aan­ge­bied word. In die reeks kan die wensko­le R50 00 vir die ju­ni­ors (o.9-span­ne) as­ook R50 000 vir die se­ni­ors (o.13- span­ne) los­slaan. I­zak ver­tel ons meer van die pas­sie vir die spel, die ou­ers se op­of­fe­rings en die spe­lers se ta­lent en trots.

KORDATE KAN­NE­TJIES

“Die kin­ders is kos­te­lik,” sê I­zak oor die on­der­hou­de wat hy voor en ná wed­stry­de met die gees­drif­ti­ge rug­by­spe­ler­tjies voer. “Ka­me­ra-sku is hul­le be­slis nie, en hul­le is baie trots daar­op om met my te kan ge­sels oor hul skool en hul lief­de vir rug­by. En as jy vra hoe hul­le voel oor die wed­stryd wat hul­le pas ver­loor het, is daar baie wat dit vol­strek ont­ken,” voeg hy lag­gend by.

Die spe­lers se uit­hou­ver­moë word ook uit­ge­lig. “Die bul­le­tjies is ver­stom­mend, want baie keer speel hul­le tot vyf wed­stry­de ná me­kaar maar hul­le kla nooit nie, maak nie saak hoe moeg hul­le word nie,” ver­tel I­zak.

SKRUM­SKA­KEL OP SKOOL

Die be­ken­de ak­teur, san­ger en dan­ser het self op skool rug­by ge­speel. “Ek was ’n leer­ling aan die kuns­skool La­dy G­rey Arts-A­ka­de­mie in die Oos-Kaap en het in 2001 ma­triek ge­skryf,” sê I­zak. “Tus­sen al die sing en dans by die skool het ons ’n bie­tjie sport be­oe­fen. Ek was die skrum­ska­kel in ons e­nig­ste rug­by­span. Dit was goeie tye. Die e­nig­ste rug­by waar­by ek nou be­trok­ke is, is Rugbyramme en dan on­der­steun ek die Blou Bul­le.”

WENKANS VIR AL­MAL

Die nu­we kom­pe­ti­sie­reeks van kykNET skep die ge­leent­heid vir min­der ge­goe­de sko­le om teen van die bes­tes in ons land deel te neem. “Daar is ge­val­le waar die min­der ge­goe­des die groot sko­le klop, en dit het ’n reu­se-im­pak en be­loon ba­sies die ‘un­der­dog’ vir al sy har­de werk,” sê I­zak.

Die ou­ers wat langs die veld staan en hul kan­ne­tjies aan­moe­dig is ’n an­der as­pek van rug­by wat ky­kers goed gaan leer ken in die reeks. “Ek lag lek­ker in my on­der­hou­de met die ou­ers. Die pas­sie wat hul­le vir die spel het en die op­of­fe­rings wat hul­le maak om hul kin­ders el­ke na­week ki­lo­me­ters ver na wed­stry­de aan te ry, is pry­sens­waar­dig,” sê I­zak. “Ja, daar is dié wat lek­ker grap­pies maak voor die ka­me­ra en daar is an­der wat mak­lik hul frus­tra­sie met die skeids­reg­ter op­per, of die ka­me­ra rol of nie,” voeg hy by.

As jou guns­te­ling-rug­by­span jou Sa­ter­dae in die steek laat op Su­per­Sport, ska­kel dan oor na kykNET & kie en kyk hoe die kaal­voet­kan­ne­tjies drie ná drie on­der die pa­le druk.

VAN SANG TOT BEMARKING

As I­zak nie voor die ka­me­ras be­dry­wig is nie, be­har­tig hy bemarking vir die pro­ku­reurs­fir­ma Ger­hard Bar­nard Ak­te­be­sor­gers in P­re­to­ria. “Ek het vroeg in my loop­baan ge­leer ek gaan nie ’n sta­bie­le in­kom­ste met ak­teurs­werk al­leen kan ver­dien nie,” sê I­zak, wat ons ook as S­cab (2006-2010) in die se­pie E­go­li ge­sien het. “Ons be­dryf is nie Hol­ly­wood nie. Dié werk bied my se­ku­ri­teit en sta­bi­li­teit.”

Maar hy ver­geet nie van sy lief­de vir mu­siek nie, en werk reeds aan nu­we ma­te­ri­aal vir sy twee­de al­bum. “Dit be­hoort teen vol­gen­de jaar op die rak­ke wees,” sê I­zak. Sy eer­ste al­bum, Ken Jy My?, is in 2008 uit­ge­reik.

I­zak Da­vel saam met uit­ge­la­te spe­lers ná ’n rug­by­wed­stryd.

As on­der­houd­voer­der ag­ter die mi­kro­foon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.