Be­weeg aan

Jess is nie meer die nu­we mei­sie nie, tog is sy al­mal se guns­te­ling.

TV Plus (Afrikaans) - - KOMEDIE -

New Gi­rl Sei­soen 7 Sa­ter­dae M-Net (*101) 17:30 (be­gin 21 Ok­to­ber)

Dis nie mak­lik om ’n vol­was­se­ne te word nie en die vyf 30-plus­sers in die sit­kom New Gi­rl (2011-nou) ken die le­we se uit­da­gings. Die ge­wild­heid van die reeks het die s­kep­per, Liz Me­ri­wet­her, aan­ge­spoor om die laas­te, se­wen­de sei­soen self te ver­vaar­dig, en dit be­staan uit ’n baie kor­ter agt e­pi­so­des. Soos Liz terg: “Die ko­me­die sal groot myl­pa­le hê . . . vir al die hoof­ka­rak­ters . . . in­slui­tend ’n groot een in die laas­te e­pi­so­de.”

Vol­gens be­rig­te voor die sei­soen se pre­mi­è­re sal daar ’n sprong van drie jaar van­af sei­soen 6 wees. En die NickJess- (Ja­ke John­son en Zooey Des­cha­nel) ver­hou­ding kry ook ’n aan­pry­sing wan­neer die me­de- uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger B­rett Ba­er ont­hul: “Ons het op­sies in ’n po­ten­si­ë­le sei­soen 7 om ’n ma­te van op­win­ding in die ver­hou­ding te be­hou. Ons het ge­sels oor kreatiewe op­los­sings vir daar­die Nick-Jess-di­na­mi­ka en moet vo­ren­toe be­weeg op ’n ma­nier wat nie net soos ’n een­rig­ting be­na­de­ring sal wees nie.” Wat kreatiewe op­los­sings be­tref, hier is vier din­ge wat ons die sei­soen wil sien ge­beur: 1 Met Re­a­gan (Me­gan Fox) uit die pad sou ons graag wou sien dat Nick en Jess ’n paar­tjie word. Daar was ’n tra­ne­trek­ke­room­blik in sei­soen 6 se slot toe die pas­ge­trou­de S­chmidt (Max G­reen­field) sy huis­maat Nick oor­reed het om nie lan­ger tyd te mors nie en sy mei­sie te gaan kry. 2 En die ge­trou­des S­chmidt en Ce­ce (Han­nah Simone) ver­wag ’n kind. Ge­luk! Met die tyd­sprong het Ce­ce en S­chmidt waar­skyn­lik hul han­de vol met hul kleu­ter. 3 Sal die sen­si­tie­we en ga­we Win­ston (La­mor­ne Mor­ris) ooit v­re­de maak met sy moei­li­ke ver­le­de en sy pa, wat hom ver­laat het, aan­vaar? Ons hoop hy kry af­slui­ting. 4 En wat is New Gi­rl son­der mu­siek? ’n Bo­nus sou gas­ster­re wees soos Co­ach (Da­mon Wa­y­ans jr.), wat in sei­soen 5 weg is. Hy was die oor­spronk­li­ke loft-lid wat ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel het om Jess te troos ná haar ver­hou­ding in sei­soen 1 be­ëin­dig is.

Sê tot siens aan (van links): S­chmidt, Ce­ce, Jess, Nick en Win­ston.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.