Vuil spel

K­ris­tien skep op­set­lik on­min tus­sen Re­na­te en Si­mon.

TV Plus (Afrikaans) - - GETROUD MET RUGBY -

Die S­try­ders se span­be­stuur­der, Bart S­mit (Pier­re B­rey­ten­bach), en sy feeks van ’n vrou, K­ris­tien (Mar­lee van der Mer­we), is al­bei op ’n wraak­mis­sie. Hul tei­kens is die af­rig­ter S­chalk Brand (Jo­han S­choltz) en die rug­by­spe­ler Si­mon G­reeff (Da­vid Louw) se vrou, Re­na­te (Chris­tel van den Bergh).

Bart se wraak­plan het ein­de Sep­tem­ber vlam ge­vat en hy is ge­reed om die laas­te spy­ker in S­chalk se kis te slaan. En K­ris­tien se plan tree in wer­king van­af Woens­dag 11 Ok­to­ber wan­neer sy leu­ens in Re­na­te se oor fluis­ter wat haar aan Si­mon se ge­trou­heid laat twy­fel.

WIE SE OOG DWAAL?

K­ris­tien tei­ken Si­mon al van­af ein­de Sep­tem­ber, en kon­fron­teer hom heel­tyd oor hoe hy haar “met sy oë uit­trek”, al is hul­le al­bei ge­troud. Re­na­te, wat dink K­ris­tien is haar bes­te vrien­din, glo K­ris­tien dus op Woens­dag 11 Ok­to­ber wan­neer K­ris­tien uit­la­tings maak oor Si­mon se dwa­len­de oog. ’n Ont­stel­de Re­na­te kon­fron­teer haar man op Don­der­dag 12 Ok­to­ber daar­oor en dis pre­sies wat Si­mon wou ver­my, sê Da­vid. “Hy sal e­nig­iets doen om sy vrou ge­luk­kig te maak en het baie on­ge­mak­lik ge­voel toe K­ris­tien by hom aan­lê. Hy wil Re­na­te die ver­leent­heid spaar, maar nou is dit te laat,” voeg Da­vid by.

BE­RA­DING BE­NO­DIG

Die at­mos­feer tus­sen Re­na­te en Si­mon is ys­koud op Vry­dag 13 Ok­to­ber, maar ge­luk­kig oor­tuig Re­na­te haar man op Maan­dag 16 Ok­to­ber om by die S­try­ders se siel­kun­di­ge, Iva (Na­dia Beu­kes), aan te klop om hul hu­we­lik te red. Re­na­te en Si­mon praat al hul pro­ble­me uit, en iets sê vir ons K­ris­tien moet dalk net stert tus­sen die be­ne die G­reeffs om ver­sko­ning vra. En met so ’n uit­koms van haar wraak­plan gaan die bo­se K­ris­tien al­ler­mins te­vre­de wees.

K­ris­tien lê skaam­te­loos by Si­mon aan, net so­dat sy Re­na­te (in­las) kan te­rug­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.