Gif­ti­ge ge­skil

Gi­za­ra se vroue vlieg me­kaar in wan­neer Sa­ra dink Hang­wa­ni is die oor­saak van hul man se vreem­de siek­te.

TV Plus (Afrikaans) - - MUVHANGO -

T­hat­he knars tot stil­stand op Woens­dag 11 Ok­to­ber wan­neer die stam­hoof se hoof­raad­ge­wer, Gi­za­ra (Da­vid Se­be), siek word. “Dis ’n raai­sel en nie­mand weet wat fout is met hom nie. Gi­za­ra se siek­te eis sy tol van al­mal,” sê Da­vid. Hoe­wel Gi­za­ra se twee­de vrou, Hang­wa­ni (Con­stan­ce Si­biya), en sy stief­dog­ter Ren­da­ni (In­no­cen­tia Ma­ka­pi­la) hom pro­beer help op Don­der­dag 12 Ok­to­ber, is dit dalk te­ver­geefs. “Dis soos ’n don­ker wolk wat in hul huis hang. Dis om­dat hul­le iets af­ge­skeep het wat hul­le lank­al moes reg­ge­stel het,” ver­tel Da­vid.

GE­RUG­TE VAN TOORDERY

Die blaam ver­skuif na Hang­wa­ni op Vry­dag 13 Ok­to­ber wan­neer Gi­za­ra ver­der ag­ter­uit­gaan. Die by­ge­lo­wi­ge ge­meen­skap, ge­lei deur Gi­za­ra se eer­ste vrou, Sa­ra (Chris­ti­nah Rats­hie­vhe), dink die “mo­der­ne vrou” Hang­wa­ni het hom ver­gif­tig, en Da­vid sê “die fa­mi­lie soek ant­woor­de oor Gi­za­ra se vreem­de siek­te. Die e­nig­ste ding wat vir hul­le sin maak is dat sy vrou hom ge­toor het.” ’n Woe­den­de Hang­wa­ni vaar op Dins­dag 17 Ok­to­ber uit teen die ge­rug­te dat sy haar man pro­beer dood­maak om­dat sy weet hoe dit is om ’n ge­lief­de te ver­loor. Sy het ’n tuis­te saam met Gi­za­ra en haar dog­ter Ren­da­ni ge­bou, en sy wil nie weer die ver­lies be­leef soos toe sy Al­bert (N­di­vhu­ho Mut­si­la) in Ju­lie 2014 aan die dood af­ge­staan het nie. Hoe­wel haar hu­we­lik met Gi­za­ra ge­re­ël is, het sy lief ge­word vir hom. “Die s­pan­ning loop hoog in die fa­mi­lie, en die woe­de is nie goed vir e­nig­ie­mand nie – ver­al nie vir Gi­za­ra nie,” sê Da­vid.

SE­RE­MO­NIE VIR V­RE­DE

T­hat­he se tra­di­si­o­ne­le ge­ne­ser, Mu­li­mi­si (Hum­bu­la­ni Ts­ha­ra­ni), word ont­bied om Gi­za­ra te help red, en teen Vry­dag 20 Ok­to­ber word Gi­za­ra ge­sond ge­noeg ver­klaar om huis toe te gaan. “Hy moes in die hos­pi­taal ge­bly het,” lag Da­vid, “want nou ba­klei die vroue oor hom. Hul­le is nie op goeie voet nie, maar hul­le is op­ge­won­de om hul man te­rug te hê by die huis.” Mu­li­mi­si stel ’n rei­ni­ging­se­re­mo­nie vir Hang­wa­ni voor om “ont­slae te raak” van Al­bert se gees voor sy haar hu­we­lik met Gi­za­ra voort­sit en om sa­ke met Sa­ra reg te stel. Die vroue pro­beer v­re­de maak op Maan­dag 23 Ok­to­ber om Gi­za­ra se ont­hal­we, en Da­vid sê “dit [Gi­za­ra se ge­sond­heids­pro­ble­me] was ’n skok vir al­mal. Dis goed die vroue het die stryd­byl be­gra­we.” Dit be­te­ken nie Sa­ra en Hang­wa­ni gaan bes­te vrien­din­ne wees nie . . .

Dis ’n saak van le­we of dood vir Gi­za­ra. Hang­wa­ni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.