Killer Wo­men With Piers Mor­gan

TV Plus (Afrikaans) - - VIND 'N FLIEK -

Sei­soen 2 BBC B­rit (*120) 20:00 Dok­kie

Of jy van hom hou of nie, ’n mens moet toe­gee Piers Mor­gan is goed met wat hy doen. In die do­ku­men­tê­re reeks Killer Wo­men (2016-nou) be­hels dit om uit te vind wat vroue tot moord ge­dryf het. “Ek was se­nu­ag­tig,” er­ken die 52-ja­ri­ge B­rit. “Die vroue is so wel­spre­kend en koel en kalm, maar dan ont­hou ek hul­le is ver­oor­deel­de moor­de­naars.”

1 Nie dat Piers so on­be­spro­ke is nie. In 2014 is ont­hul hy het toe­ge­laat dat by fo­ne van ce­lebs soos Hugh Grant in­ge­breek word ter­wyl hy re­dak­teur van die po­nie­koe­rant The Dai­ly Mir­ror was, hoe­wel Piers steeds e­ni­ge aan­da­dig­heid aan die mis­daad ont­ken. 2 Hy is ook geen on­be­ken­de met o­pen­ba­re rel­le­tjies nie, soos sy on­der­on­sie met die voor­ma­li­ge Top Ge­ar(2002-nou) aan­bie­der Je­re­my Clark­son by die B­rit­se pers­toe­ken­nings in 2004. Je­re­my het glo vroe­ër, in 2003, wa­ter oor Piers uit­ge­gooi ty­dens ’n vlieg­rit. 3 Die on­der­soe­ken­de joer­na­lis het me­dia en joer­na­lis­tiek stu­deer aan Har­low Col­le­ge, een van B­rit­tan­je se mees ge­sog­te op­lei­dings­in­stel­lings in die joer­na­lis­tiek. Mor­gan is nie sy eint­li­ke van nie 4 – hy is as Piers S­te­fan O’Me­a­ra ge­bo­re. Mor­gan is sy stief­pa se van, wat Piers se­dert sy tie­ner­ja­re ge­bruik. Soos e­ni­ge wa­re sport­fan hui­wer 5 Piers nie om sy guns­te­ling­span, Ar­se­nal-voet­bal­klub, te kri­ti­seer nie: “Ons het oor­ge­rus ge­raak. Ons bly ag­ter en ek moet kan stoom af­blaas,” sê hy. 6 Iets wat hy erns­tig op­neem is doods­drei­ge­men­te van die mi­li­tan­te groep Isis. Hul­le het Piers op T­wit­ter ge­dreig, so­wel as sy twee­de vrou, Ce­lia Wal­den (41), en sy seuns, S­pen­cer (24), S­tan­ley (20) en Al­bert (16).

Piers Mor­gan voer ’n on­der­houd met Re­bec­ca Fen­ton in e­pi­so­de 1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.