Van Lu­cia

TV Plus (Afrikaans) - - JV VRA -

Ons pro­beer al­tyd moei­te vir ons le­sers doen. 'n Ruk­kie ge­le­de het 'n pa van Er­me­lo se nood­kreet by my uit­ge­kom: hul huis het af­ge­brand en hul seun, Ro­han van Vuur­en, wat al 15 jaar tvplus lees, het sy kos­ba­re tvplus­ver­sa­me­ling in die brand ver­loor. Die pa wou hoor of ons nie dalk ou tyd­skrif­te het om Ro­han se hart te ver­bly nie. Na­tuur­lik het ons be­sluit om nie net ou ko­pieë tus­sen die Kaap­se en Jo­han­nes­burg­se kan­to­re by­me­kaar te maak nie, maar om­dat 7de Laan Ro­han se guns­te­ling­se­pie is, het ons hom en sy ou­ers na die stel ge­neem. Wat 'n ge­sig was dit nie om hom op C­har­mai­ne se kas­re­gis­ter te sien tik! Ons sê baie dan­kie aan 7de Laan en al die ak­teurs wat so ak­kom­mo­de­rend en vrien­de­lik was. Uit­ein­de­lik het Ro­han nie net 'n ag­ter- die-skerm­sky­kie ge­kry en blad­ge­skud nie, maar ook sy eie tvplus­voor­blad ge­kry! En dan­kie, Bin­ne­lan­ders, ons het nie van al jul hand­te­ke­nin­ge ver­geet nie! Gaan lees meer oor die roe­ren­de sto­rie op Huis­ge­noot se web­werf.

Ro­han met sy eie tvplus-voor­blad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.