Lief­de en bloed

Of dit min­naars, vrien­de of die kop­be­ne van jou vy­an­de is, TV het dit al­les vir jou tus­sen No­vem­ber en Ja­nu­a­rie.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

OUT­LAN­DER Sei­soen 3 be­gin Woens­dag 13 Des. op M-Net (*101) om 22:00 (fan­ta­sie) Waar­oor gaan dit? Die sei­soen is in S­kot­land en Kaap­stad (wat die spe­lers dik­wels op so­si­a­le me­dia sê hul­le mis) ver­film. Dit be­gin met Clai­re (Ca­tri­o­na Balfe) wat in 1948 pro­beer om haar hu­we­lik en moe­der­skap te laat werk, ter­wyl Ja­mie (Sam Heug­han) te­rug in 1746 aan­suk­kel son­der haar na­dat hy die Slag van Cul­lo­den oor­leef het. Maar ná 20 jaar van ver­lan­ge na me­kaar vind Clai­re ’n pad te­rug na die ver­le­de. Hul sexy dog on­ge­mak­li­ke her­ont­moe­ting gaan pu­re ple­sier wees! DE­TROI­TERS

Sei­soen 1 be­gin Don­der­dag 14 Des. op Co­me­dy Cen­tral (*122) om 21:00 (ko­me­die) Waar­oor gaan dit? Die kos­te­lik maar dom vrien­de Sam en Tim is on­suk­ses­vol­le ad­ver­ten­sie­ba­se in een van die bes­te bud­dy-ko­me­dies in ’n lang tyd. Dis snaaks en ab­surd – van hul sim­pel i­dees tot hul vreem­de klan­te.

HAP­PY Sei­soen 1 be­gin Vry­dag 22 Des. op M-Net (*101) om 22:00 (stro­kies­prent-ak­sie) Waar­oor gaan dit? In die mi­ni­reeks, ge­grond op die gra­fie­se ro­man deur Grant Mor­ri­son, sien die po­li­sie­man-nou­sluip­moor­de­naar Nick Sax (Chris­to­pher Me- lo­ni) ’n a­ni­ma­sie-u­ni­i­corn, Hap­py (Pat­ton Oswalt), wat wil hê Nick moet sy ont­voer­de maat red. CALL THE MIDWIFE

Sei­soen 7 be­gin Ja­nu­a­rie (da­tum en tyd is nog nie be­ves­tig nie) BBC First (*119) (dra­ma) Waar­oor gaan dit? Ver­wag ’n koue be­gin vir die sei­soen. “Daar was ’n ‘Big F­ree­ze’ (1962/63) in die tyd waar­in ons vol­gen­de Ker­se­pi­so­de af­speel,” sê die ver­vaar­di­ger, Pip­pa Har­ris. “En ky­kers sal ons eer­ste Wes-In­die­se vroed­vrou, die slim, snaaks en e­le­gan­te Lu­cil­le (Le­o­nie El­li­ott) ont­moet.” Nog ’n nu­we ka­rak­ter sluit aan wan­neer S­hel­agh (Lau­ra Main) ’n au pair kry om te help met die ver­sor­ging van ba­ba Ted­dy, wat in die sei­soen 6-fi­naal ge­bo­re is.

Tyd kan Clai­re en Ja­mie nie skei nie in Out­lan­der.

Chris Me­lo­ni het ’n mal Kers­fees in Hap­py.

De­troi­ters se Sam en Tim is aan die “dow­we” kant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.