In die duis­ter

Die mag­ti­ge dr. At Kos­ter ver­loor sy sig en voel mag­te­loos.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

At is be­kom­merd wan­neer hy ag­ter­kom hy be­gin ál sleg­ter sien. Bin­ne­lan­ders Week­dae kykNET (*144) 19:30

Die le­we raak ál moei­li­ker – en don­ker­der – vir dr. At Kos­ter (Hans S­try­dom). Bui­ten al die druk wat At die laas­te maand moes ver­duur oor die on­ge­val­le-af­de­ling wat sy seun Con­rad (Hy­kie Berg) by hom oor­ge­neem het, het At die af­ge­lo­pe twee we­ke be­gin be­sef sy vi­sie is be­sig om dras­ties te ver­swak. Op Vry­dag 3 No­vem­ber het At by ’n op­tie­se chi­rurg gaan aan­klop, maar toe kry hy die skok­ken­de nuus: hy het op­tie­se neu­ri­tus (in­flam­ma­sie van die oog-se­nu­wees wat deur ver­skeie fak­to­re ver­oor­saak word). En nou is die har­de­kwas At nog meer op­strop­pe­lis as ooit te­vo­re. Hy ver­tel sy we­der­helf Ja­na (Br­ü­mil­da van Rens­burg) van sy oog­siek­te, maar ver­bied haar ter­self­der­tyd om vir en­gie­mand van sy te­rug­slag te ver­tel. En sy frus­tra­sie neem by die dag toe . . . Br­ü­mil­da sê Ja­na is ge­skok om­dat At haar nie da­de­lik van sy ver­swak­te vi­sie ver­tel het nie. “Ja­na is ook om­ge­krap om­dat At sy toe­stand ge­heim wil hou. Sy meen jy kan nie so ’n erns­ti­ge toe­stand vir jou fa­mi­lie en ge­lief­des weg­steek nie. Ja­na dink At be­hoort ten min­ste sy seun van sy siek­te ver­tel.” Ja­na en Lou­is doen hul bes om At te on­der­steun.

At se half­broer, Lou­is (Ger­mandt Gel­den­huys), is die eer­ste om on­raad te merk. Ger­mandt sê dit is op­val­lend. “Lou­is sien At suk­kel om te be­stuur en om din­ge raak te vat. Hy is baie be­sorg oor hom. Hy dink ook Con­rad be­hoort van At se toe­stand te weet, maar Ja­na smeek hom om dit van Con­rad weg te hou,” voeg Ger­mandt by.

Ter­wyl Con­rad, An­ne­li­ze (Cin­dy S­wa­ne­poel) en De­lia (O­del­le de Wet) steeds kon­kel om At se greep op die Bin­ne­land-kli­niek te ver­swak, bly At ver­be­te ba­klei om in be­heer te bly. Maar sa­ke raak nie mak­li­ker nie – At se as­sis­tent Bron­wyn (Kim Cloe­te) en haar man, dr. S­te­ve A­bra­hams (C­lint B­rink), kom ook ag­ter daar’s groot fout met At.

On­danks At se hal­star­rig­heid pro­beer hy sa­ke vir hom­self op ’n ma­nier ver­ge­mak­lik. “At trek kot­huis toe, want hy meen dis prak­ties mak­li­ker om in ’n klei­ner plek te bly. In die kot­huis kan hy hom­self ook be­ter van die wê­reld af­son­der,” ver­dui­de­lik Ger­mandt. 'n Be­sorg­de Ja­na pro­beer At op Woens­dag 8 No­vem­ber in die kot­huis help, maar hy ver­jaag haar.

“Daar is heel­wat span­ning tus­sen At en Ja­na,” ver­tel Br­ü­mil­da. “Ja­na steek op haar beurt haar groot be­kom­mer­nis oor haar dog­ter (Pas­cal Pie­naar), wat spoor­loos ver­dwyn het, vir At weg. “Ja­na deel al­tyd al­les in haar le­we met At, maar sy be­sef as hy nie met Kar­li kan help nie, gaan dit hom nog meer mag­te­loos laat voel,” voeg Br­ü­mil­da by. Kar­li HELPENDE HAN­DE

Al is At se wê­reld be­sig om te ver­krum­mel, pro­beer Ja­na, Lou­is, S­te­ve en Bron­wyn die don­ker nag­mer­rie vir hom draag­li­ker maak. “Ja­na neem van Bin­ne­land se ta­ke by At oor. En sy pro­beer haar­self wys­maak sy toe­stand is ho­pe­lik net ty­de­lik,” sê Br­ü­mil­da.

S­te­ve stel op Don­der­dag 9 No­vem­ber voor At kom sit by hom in die kan­toor waar hul­le be­ter na hom kan om­sien. “En Lou­is laai ou­di­o­boe­ke vir At af en in­stal­leer apps op At se sel­foon om die le­we vir hom mak­li­ker te maak,” ver­tel Ger­mandt. LAS VIR AL­MAL

Dit voel vir At op Dins­dag 14 No­vem­ber of hy in ’n don­ker de­pres­sie ver­val. Die vol­gen­de dag vind hy uit Ja­na steek iets – wat moont­lik met Kar­li te doen het – vir hom weg. Hy bieg teen­oor Lou­is hoe ge­frus­treerd hy is. “At voel oor­bo­dig en meen hy is ’n las vir al­mal. Hy hou daar­van om in be­heer te wees en nou moet hy die eer­ste keer in sy le­we die lei­sels aan an­der men­se oor­gee,” sê Ger­mandt. Br­ü­mil­da voeg by: “At voel mag­te­loos, pa­te­ties en meen sy le­we is nut­te­loos. Hy sê vir hul­le hy kan net so­wel af­tree of plaas toe trek.”

Tal­le vrae spook by At: Hy weet nie of die skie­li­ke blind­heid per­ma­nent of ty­de­lik is nie. Boon­op is sy ver­hou­ding met sy ge­lief­des, en ver­al Ja­na, be­sig om ’n le­li­ke knou te kry. En ver­al is die eens ge­vrees­de dok­ter be­sig om sy mag stuk­kie vir stuk­kie te ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.