Die tyd is ryp

R­ha­fiek vra sy ou­ers om vir hom ’n le­wens­maat te kies.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Nuraan lyk in haar nop­pies met haar toe­koms­ti­ge brui­de­gom, R­ha­fiek (in­las). Suid­oos­ter Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30

R­ha­fiek Sams­o­dien (Irs­haad Al­ly), ’n ge­re­spek­teer­de in­wo­ner van Rui­ter­bosch en ei­en­doms­a­gent by Suid­oos­ter Eien­dom­me, voel die tyd is ryp om vrou te kies. Maar hy gaan nie die een wees wat die toe­koms­ti­ge mev. Sams­o­dien kies nie. O nee, daar­die ver­ant­woor­de­lik­heid lê hy voor sy ou­ers se deur . . . ’n Ge­re­ël­de hu­we­lik kom soms voor in die Mos­lem­ge­meen­skap en vol­gens Irs­haad “ver­trou R­ha­fiek sy ou­ers se oor­deel”. Tog gaan al­les nie so vlot ver­loop in die pro­ses nie, want R­ha­fiek se toe­koms­ti­ge skoon­pa sien fou­te in R­ha­fiek se mon­de­ring.

In Ok­to­ber van­jaar het R­ha­fiek be­sef hoe een­saam hy is. “Dit het hom ’n ruk ge­neem om oor sy mis­luk­te ver­hou­ding met sy vo­ri­ge kol­le­ga Nic­ci Ok­to­ber (Ger­wen Si­mon) te kom. Maar na­dat hy (ook in Ok­to­ber) ge­hoor het sy het ’n kê­rel in Se­att­le, A­me­ri­ka, waar sy nou bly, het dit hom ge­help om aan te be­weeg,” sê Irs­haad. R­ha­fiek gee vir Nuraan blom­me ty­dens hul eer­ste amp­te­li­ke af­spraak.

Op Dins­dag 7 No­vem­ber ont­moet R­ha­fiek on­we­tend sy toe­koms­ti­ge ver­loof­de, die oog­kun­di­ge Nuraan Jaf­fer (Lie­zel Swartz), wan­neer sy by sy kan­toor in­stap. “Nuraan wil graag ’n ei­en­dom huur, maar toe R­ha­fiek se kol­le­ga Car­men (De­si­ré Gard­ner) – met wie sy ’n af­spraak ge­had het – nie daar is nie, be­gin sy ge­sels met R­ha­fiek wat vir haar nog ’n on­be­ken­de per­soon is,” ver­tel Irs­haad.

In­tus­sen het die Sams­o­diens reeds, son­der dat R­ha­fiek daar­van be­wus was, be­sluit Nuraan is sy toe­koms­ti­ge vrou en hul­le re­ël ’n ont­moe­ting op Woens­dag 8 No­vem­ber. S­kie­lik staar R­ha­fiek en Nuraan met pie­ring­oë na me­kaar en be­sef ’n ge­re­ël­de hu­we­lik is hul voor­land – en daar was be­slis ’n vonk tus­sen hul­le ty­dens die toe­val­li­ge ge­sels die vo­ri­ge dag. “Nuraan is ver­baas toe sy be­sef die aan­trek­li­ke ei­en­doms­a­gent kan haar man word. Sy dink de­fi­ni­tief daar is po­ten­si­aal vir ’n ver­hou­ding en toe­koms­ti­ge hu­we­lik,” sê Lie­zel.

Maar daar moet nog baie wa­ter in die see loop voor­dat ons trou­klok­ke gaan hoor, ver­al met Nuraan se pa,

(Jef­frey Moss), wat op Maan­dag 13 No­vem­ber nie be­ïn­druk is met die bui­te- eg­te­li­ke kin­ders in die Sams­o­dien-huis nie. “Ka­maal is ’n be­gin­sel­vas­te Mos­lem­man en is eint­lik baie soos (Cedwyn Joel), R­ha­fiek se pa,” ver­dui­de­lik Irs­haad. “Hy wil net die bes­te vir sy dog­ter hê, maar hy keur nie (Si­mo­ne Bis­com­be), die bui­te- eg­te­li­ke kind van R­ha­fiek se ma, (Jill Le­ven­berg), en Bi­an­ca se eie bui­te- eg­te­li­ke ba­ba,

(P­hoe­nix I­sa­bel­la Ben­nett), goed nie.” En dit laat hom twy­fel of dit die reg­te be­sluit is as die Jaf­fers met die Sams­o­diens ver­e­nig word. Ka­maal S­tel­la AB Bi­an­ca My­moe­na

R­ha­fiek is le­lik om­ge­krap wan­neer hy op Dins­dag 14 No­vem­ber hoor Nuraan se pa het ’n pro­bleem met Bi­an­ca en S­tel­la. “Hy gaan nie toe­laat dat e­nig­ie­mand sy fa­mi­lie ver­oor­deel nie en hy be­sluit om teen Ka­maal op te staan,” sê Irs­haad.

Wat R­ha­fiek pre­sies ge­sê of ge­doen het weet ons nie, maar dit het be­slis op Woens­dag 15 No­vem­ber ’n in­druk op Ka­maal ge­maak wan­neer hy die Sams­o­diens weer kom be­soek en vre­de maak. Op Maan­dag 20 No­vem­ber gaan My­moe­na oor­boord met die voor­be­rei­ding vir Nuraan en R­ha­fiek se eer­ste amp­te­li­ke af­spraak, maar ten spy­te daar­van het die twee ’n aan­ge­na­me kui­er­tjie.

Ons won­der tog of die ge­re­ël­de hu­we­lik werk­lik die bes­te uit­weg vir R­ha­fiek is om lief­de te vind? ’n Vo­ël­tjie het in ons oor kom fluis­ter hy mag dalk net op ie­mand an­ders in Rui­ter­bosch ver­lief raak . . . STAAN OP VIR JOU GE­LIEF­DES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.