Gy­se­laars­dra­ma

Ma­ry­ke en Bi­bi se le­we is in ge­vaar wan­neer ro­wers die sa­lon bin­ne­storm.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Die vrien­din­ne Ma­ry­ke en Bi­bi word ge­dreig en is vrees­be­van­ge. Ge­troud Met Rug­by Week­dae kykNET (*144) 21:00

’n Bloed­stol­len­de gil is wat ky­kers op Don­der­dag 9 No­vem­ber van die swan­ger skoon­heids­kun­di­ge Ma­ry­ke Bel­tra­me (Ma­rij­ke van der West­hui­zen) gaan hoor wan­neer sy en haar bes­te vrien­din en sa­ke­ven­noot, Bi­bi B­he­le (S­te­pha­nie Baart­man), in hul sa­lon gy­se­laar ge­hou word. Die in­si­dent gaan die spran­ke­len­de vrien­din­ne knak en kort voor lank gaan al­bei aan pos­t­trau­ma­tie­se stres ly.

Nie­mand sou kon droom ’n dood­ge­wo­ne dag in Bi­bi se sa­lon, waar vroue op­ge­dol­lie word, gaan so swart uit­draai nie. “Dit is met toe­maak­tyd wan­neer die twee skur­ke die sa­lon bin­ne­storm net na­dat hul­le ’n ju­we­liers­win­kel in die win­kel­sen­trum be­roof het,” ver­tel Ma­rij­ke.

Die twee vroue is his­te­ries wan­neer vuur­wa­pens voor hul ge­sig rond­ge­swaai en hul­le ge­dreig word. Maar ten spy­te van hul vrees wys hul­le wa­re moed op Vry­dag 10 No­vem­ber wan­neer die ro­wers vir ’n oom­blik hul fo­kus ver­loor. “Bi­bi gryp ’n skink­bord en slaan die een ou dis­nis oor die kop,” ver­klap S­te­pha­nie. “En sy spring op die an­der een en trek sy aan­dag af om Ma­ry­ke kans te gee om te vlug en hulp te gaan soek,” voeg sy by.

Teen die ein­de van die e­pi­so­de daag Ma­ry­ke oor­stuur met die win­kel­sen­trum se se­ku­ri­teit op en die skur­ke word ge­vang en ge­boei. In die tyd hier­na gaan dit swaar met die twee vrien­din­ne. Fa­fa (Al­tus T­he­art), die S­try­ders­rug­by­span-af­rig­ter en Ma­ry­ke se man, wil op Maan­dag 13 No­vem­ber se­ku­ri­tei­top­knap­pings by hul huis aan­bring. Maar Ma­ry­ke trek die streep wan­neer hy op Dins­dag 14 No­vem­ber ’n vuur­wa­pen wil koop. “Ty­dens die ’ n Vuur­wa­pen word deur een van die boe­we in Bi­bi se ge­sig ge­druk. gy­se­laars­dra­ma was Ma­ry­ke se groot­ste vrees dat sy haar en Fa­fa se on­ge­bo­re ba­ba sou ver­loor, maar won­der bo won­der het sy nie. Ma­ry­ke is ge­luk­kig met die vei­lig­heids­op­knap­pings, maar wil niks weet van ’n vuur­wa­pen nie. Dit her­in­ner haar te veel aan hul angs toe die ro­wers wa­pens in haar en Bi­bi se ge­sig ge­druk het,” ver­tel Ma­rij­ke.

Bi­bi be­gin die­self­de dag, op Dins­dag 14 No­vem­ber, knak on­der die trau­ma. “Sy is ’n e­mo­si­o­ne­le wrak,” sê S­te­pha­nie oor haar ka­rak­ter. “E­ni­ge har­de ge­luid laat haar skrik en sy suk­kel om e­nig­ie­mand te ver­trou. Dis ook vir haar moei­lik om na haar lig­gaam, wat vol kneus­plek­ke is, te kyk son­der om die he­le af­fê­re van voor­af te be­leef.”

Ma­ry­ke en Bi­bi pro­beer op Woens­dag 15 No­vem­ber dap­per op hul eie ma­nier die trau­ma van die roof­tog ver­werk, maar dit be­te­ken nie al­les gaan weer die­self­de wees nie. In­teen­deel, al­les het on­her­roep­lik ver­an­der. Le­de en mo­tors van High Risk U­nit het kom help met die sto­rie­lyn. NAG­MER­RIE BE­GIN BE­TER SE­KU­RI­TEIT TRAUMATIESE NADRAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.