Be­derf deur Rid­ge

Het ons reg ge­hoor, Brooke Lo­gan gaan trou? Dis tyd dat jy weer in­gryp, Rid­ge For­rester.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

The Bold & The Beau­ti­ful Week­dae SABC3 (*193) 18:30

Brooke (Kat­her­i­ne Kel­ly Lang) is oor­ge­haal vir haar “oor­een­koms met die dui­wel” wan­neer sy reg­maak vir haar troue met Bill S­pen­cer (Don Di­a­mont) – die man wat sy van haar sus­ter Ka­tie (He­at­her Tom) af­ge­vry het in die hoop om Bill se For­rester­aan­de­le in die han­de te kry. Maar dit lyk of die per­soon wat die mees­te hier­by baat gaan vind, die een is wat be­gin twy­fel. Brooke se eks­man Rid­ge wil daar­die aan­de­le hê so­dat hy sy bo­se stief­ma Quinn (Re­na So­fer) se hou­vas op die For­rester­be­sig­heid kan ver­breek, maar RJ (An­tho­ny Tur­pel), Rid­ge en Brooke se tie­ner­seun, se he­wi­ge pro­tes teen die troue laat Rid­ge be­sef die aan­de­le is dalk nie die prys werd wat hy gaan be­taal nie. Dis vir RJ dui­de­lik sy ou­ers is steeds mal oor me­kaar. Hy sien op Maan­dag 13 No­vem­ber hoe Brooke lief­de­rik oor Rid­ge se baad­jie­la­pel­le vee en Rid­ge Rid­ge doen sy bes om te keer dat Brooke met die s­leg­te Bill af­haak. haar elm­boë streel. La­ter raas RJ met sy pa: “Daar’s steeds iets tus­sen jul­le. Jy is mos ’n ont­wer­per? Ont­werp dan jou le­we. B­ring ons ge­sin weer by­me­kaar.” En na­dat hy Rid­ge so­ver kry om te er­ken Brooke is die nom­me­reen­vrou in sy le­we, vra RJ: “Hoe­kom sou jy dat sy by ’n ou soos Bill wees – ’n goor, siel­lo­se e­go­ma­ni­ak?”

Bill kla oor RJ se “weg­met­Bill­”veld­tog by Brooke se sus­ter Don­na (Jen­ni­fer Ga­r­eis) wan­neer sy op Woens­dag 15 No­vem­ber na LA kom vir die troue. En Bill kan met reg ge­grief voel. Die een oom­blik sê Rid­ge vir Brooke sy moet so gou moont­lik met Bill trou, en die vol­gen­de oom­blik er­ken hy RJ het ’n punt beet. Maar Kat­her­i­ne skerts: “As Brooke en Rid­ge dit ná der­tig jaar nie kon reg­kry nie, is hul­le mis­kien nie die siels­ge­no­te wat hul­le ge­dink het hul­le is nie.” En Brooke her­in­ner Rid­ge: “Jy kan my nie ver­loor nie, want jy het my nie. Ek trou met Bill.” Maar Rid­ge be­weer Brooke gaan tog net van Bill skei, daar­om moet sy net die For­rester­aan­de­le gryp en maak dat sy weg­kom. En wan­neer Brooke teen­strib­bel en sê sy gaan haar trou­be­lof­tes be­doel, gryp Rid­ge haar en soen haar. Brooke se an­der seun, Rick (Ja­cob Young), stel op Maan­dag 20 No­vem­ber voor Rid­ge gaan be­derf die troue, maar waar­sku hom: “Ek sou nie daar­op re­ken dat hul hu­we­lik gaan vou op die ma­nier waar­op jy dink nie, want my ma is baie ver­lief op Bill S­pen­cer.” Wan­neer Rid­ge daar­na aan RJ ver­dui­de­lik waar­om die hu­we­lik op Dins­dag 21 No­vem­ber moet voort­gaan, eis ’n ge­skok­te RJ: “Wat­ter soort mens het so ’n plan? Wat be­te­ken meer vir jou, pa, die maat­skap­py of my ma?” Uit­ein­de­lik sien Rid­ge die lig, en dis tyd om tot ak­sie oor te gaan!

Maar Bold se uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger, Brad Bell, waar­sku fans: “Rid­ge sal so be­hep wees met wat by die For­rester­be­sig­heid ge­beur, dit keer dalk sy plan­ne. En ons het nie die laas­te van Bill ge­hoor nie. Hy is ’n man wat kry wat hy wil hê en hy gaan Brooke nie som­mer prys­gee nie.” GEMENGDE BOODSKAPPE? DOEN IETS, PA! TYD VIR AK­SIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.