Los uit, hy’s my­ne!

Die ha­re gaan waai wan­neer T­he­re­sa en K­ris­ten al­bei hul kloue in Bra­dy wil slaan.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

K­ris­ten (regs) gryp T­he­re­sa aan die keel ná T­he­re­sa haar kog­gel. Days Of Our Li­ves Week­dae e.tv (*194) 17:30

Maak dat jy weg­kom, Bra­dy (E­ric Mart­solf)! Hier kom groot moei­lik­heid wan­neer K­ris­ten DiMe­ra (Ei­leen Da­vid­son) op Woens­dag 8 No­vem­ber vir T­he­re­sa (Jen Lil­ley) raak­loop. T­he­re­sa, Bra­dy se dwelm­pel en ge­we­se Ve­gas-bruid (en ge­hei­me pa-aan­ran­der), is nie op haar mond ge­val nie: “Ek weet wie jy is. Jy is Bra­dy se gek eks­ver­loof­de,” sê sy vir K­ris­ten. Maar K­ris­ten kap te­rug: “Daar in LA, het jy nie be­drog­klag­te teen jou ge­had nie? In be­sit van ko­ka­ïen, met die voor­ne­me om dwelms te ver­sprei, win­kel­dief­stal. Het ek iets uit­ge­laat?” Kry die spring­mie­lies reg, Days-fans, want die ge­veg het skaars be­gin . . .

Wan­neer dit lyk of T­he­re­sa nie juis deur K­ris­ten se op­mer­kings ont­se­nu word nie, vra K­ris­ten hoe­kom T­he­re­sa se hu­we­lik met Bra­dy so gou ver­by was. “Het hy die vol­gen­de og­gend om­ge­rol en be­gin skree?” En K­ris­ten waar­sku T­he­re­sa: “Jy bly weg van Bra­dy af. Ek is te­rug, jou klein feeks. En ek hou ’n o­gie oor Bra­dy. Hy het jou nie no­dig K­ris­ten wil Bra­dy met al­le mag te­rug­wen. Die cou­gar K­ris­ten is woe­dend!

wat hier rond­sluip nie, ver­al om­dat hy dit dui­de­lik ge­maak het dat hy jou nie wil hê nie.” Die ak­tri­se Ei­leen lag: “K­ris­ten en T­he­re­sa is twee koe­koes vroue en die sto­rie­lyn was so­veel pret. K­ris­ten be­han­del T­he­re­sa of sy vuil­goed is!” Maar die a­stran­te T­he­re­sa kog­gel haar: “Ek word deur ’n mag­ti­ge, s­leg­te DiMe­ra ge­dreig. O gaats, ek is so bang.”

’n Ruk­kie la­ter ver­tel T­he­re­sa haar na­re be­stie An­ne (Me­re­dith S­cott Lynn) dat K­ris­ten se te­rug­keer na Sa­lem die bes­te ding is wat met haar en Bra­dy se ver­hou­ding kon ge­beur het. “Ek moet hom eint­lik bel en ver­tel K­ris­ten het al daai aak­li­ge din­ge vir my ge­sê. En dat ek tog so bang is,” lag T­he­re­sa. Maar T­he­re­sa is be­reid om te wag tot die tyd ryp is. “Ek sal eers op Bra­dy se skou­er gaan huil so­dra daai ou man ( John [Dra­ke Ho­ges­tyn], Bra­dy se pa wat in ’n ko­ma is) na ’n in­rig­ting oor­ge­plaas is,” ver­dui­de­lik sy vir An­ne. Maar ’n skok wag op T­he­re­sa op Woens­dag 15 No­vem­ber wan­neer sy na die Ki­ri­a­kis-he­re­huis gaan om Bra­dy te sien, en haar weer in K­ris­ten vas­loop. K­ris­ten is in haar nop­pies, want haar pa, S­te­fa­no (Jo­seph Mas­co­lo), het haar ’n mid­del ge­gee wat dalk John se e­nig­ste hoop op her­stel is. En Bra­dy sal baie dank­baar wees, om­dat hy steeds glo dis hy wat John op Dins­dag 19 Sep­tem­ber ge­slaan en hom in die ko­ma laat be­land het. K­ris­ten het dalk die ge­nees­mid­del vir John.

T­he­re­sa lyk eers uit die veld ge­slaan oor die nuus, maar kap gou te­rug en vryf K­ris­ten se neus in die feit dat sy en Bra­dy pas won­der­li­ke seks ge­had het. “Bra­dy was so in­tens, ek het ge­dog hy gaan dood,” spog T­he­re­sa in be­son­der­he­de. “Hy was vuur­warm, el­ke se­kon­de was won­der­lik!” Dit laat K­ris­ten soos ’n woes­te cou­gar tot die aan­val oor­gaan, en sy druk T­he­re­sa teen ’n deur vas en pro­beer haar ver­wurg voor­dat T­he­re­sa haar los­ruk en K­ris­ten haar volg en weer beet­kry. Ná Mag­gie (Su­zan­ne Ro­gers) hul kat­ge­veg on­der­breek, be­gin K­ris­ten hel­der dink en uit­werk hoe­kom T­he­re­sa nie juis bly ge­lyk het oor die moont­lik­heid van John se her­stel nie . . . wie was die aan­val­ler? Nou moet K­ris­ten net Bra­dy oor­tuig om haar te glo.

Wat die man in die mid­del be­tref, sê E­ric: “Sa­lem is vol koe­koes men­se. T­he­re­sa het hulp no­dig. K­ris­ten DiMe­ra het baie hulp no­dig. En dit lyk of Bra­dy al­tyd be­trok­ke raak by vroue wat al­les­be­hal­we sta­biel is.” KAT­GE­VEG! HAR­DE WOOR­DE DIE OORHAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.