“Lie­fie, ek’s tuis!”

Ni­ki­we kry ’n on­wel­ko­me ver­ras­sing wan­neer sy by haar voor­deur in­stap: haar mis­han­de­laar-eks Ga­briel!

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Ga­briel wag met blom­me en ’n ver­sko­ning. I­si­din­go Week­dae SABC3 (*193) 19:00

Ná ’n moei­li­ke dag op kan­toor is die laas­te ding wat Ni­ki­we Si­be­ko (Lin­da Sok­hu­lu) wil sien toe sy by die huis kom, pre­sies dit wat sy te­ë­kom op Woens­dag 8 No­vem­ber. “Ga­briel sit haar en in­wag met ’n gryns­lag op sy ge­sig,” ver­tel die ak­teur Au­brey Poo, wat Ga­briel speel. “Die laas­te keer toe ky­kers Ga­briel ge­sien het [Au­gus­tus 2017], het hy Ni­ki­we aan­ge­rand en uit Ho­ri­zon Deep ge­vlug.” Se­dert­dien het die ge­sle­pe sa­ke­man en eks-pas­toor van die hand na die mond ge­leef, en weg­ge­kruip vir e­nig­ie­mand wat hom met Ni­ki­we se aan­ran­ding kon ver­bind. “Maar hy is te­rug in The Deep en ek dink dit be­ves­tig hy wil sy son­des in die oë kyk,” voeg Au­brey by. Soos te ver­wag­te is Ni­ki­we nie bly om hom te sien nie, en sy wil ook nie hoor wat hy te sê het nie. “Hy is ’n knoei­er wat op sy voe­te dink en weet hoe Ga­briel en Ni­ki­we in ge­luk­ki­ger tye. Ni­ki­we lyk of sy ’n spook ge­sien het. om hom uit ’n ge­mors te wik­kel,” sê Au­brey. “Ni­ki­we weet Ga­briel gaan dit wat hy ge­doen het pro­beer reg­ver­dig.” As die aan­ran­ding deur Ga­briel haar e­nig­iets ge­leer het, weet Ni­ki­we dit is dat sy die eer­ste s­kuif moet maak. Ge­luk­kig doen sy eers en dink la­ter op Don­der­dag 9 No­vem­ber, want wan­neer Ga­briel na­der be­weeg is dit nie om haar ’n druk­kie te gee nie . . .

Ni­ki­we gryp die eer­ste ding wat sy kan by­kom en breek ’n vaas oor haar eks se kop. Ga­briel tref die vloer soos ’n sak pa­tats, maar dit s­kep ’n nu­we di­lem­ma vir Ni­ki­we, want Ga­briel kom nie by op Vry­dag 10 No­vem­ber nie . . . het sy hom ver­moor? “Dit sal te mak­lik wees,” lag Au­brey. “Ga­briel wil sy fou­te reg­stel. Hy is nie dood nie. Nog nie.” “Wat maak jy hier? Loop!” is Ni­ki­we se re­ak­sie. Ga­briel gaan waar­skyn­lik wens Ni­ki­we hét hom ver­moor wan­neer hy op Dins­dag 14 No­vem­ber sy be­wus­syn her­win. Na­dat hy ’n nag­mer­rie ge­had het dat Ni­ki­we hom ver­wurg, word Ga­briel wak­ker in ’n hos­pi­taal­saal met Ni­ki­we wat na hom staar. En sy’s nie die e­nig­ste een wat woe­dend is oor sy te­rug­keer nie. Ni­ki­we se be­stie Ben­ja­min (Ar­no Ma­rais) wil hom eens en vir al­tyd weg hê, ter­wyl Ra­jesh (Jack De­vna­rain) meer prag­ma­ties is en wil sien dat die be­drie­ër be­taal vir sy son­des in Ho­ri­zon Deep.

“Ga­briel is so glad soos ’n pa­ling,” sê Au­brey. “Die een oom­blik is hy in die ge­sel­skap van sa­ke­man­ne in def­ti­ge pak­ke, die vol­gen­de meng hy met die laag­ste skur­ke in die sje­bien.” Die ak­teur sê hoe­wel die skry­wers nog nie so ver is nie, “is daar dalk ruim­te vir Ga­briel om oor te neem as The Deep se nu­we mis­daad­baas ter­wyl Bar­ker (Ro­bert W­hi­te­he­ad) weg­kruip”. Maar eers het Ga­briel an­der din­ge om hom oor te be­kom­mer: hy het geld en ’n werk no­dig, en dit wag dalk by die sje­bien . . .

“Dit was ’n mar­te­ling,” lag Au­brey. “Ek was twee maan­de van skerm af en het ge­brand om te­rug te kom. Ek is een van daai men­se wat voel of ek ag­ter­ge­laat word as ek nie be­trok­ke is nie.” Die twee maan­de weg van I­si­din­go was nie net leeg­lê vir die ak­teur nie. Hy was be­sig met te­a­ter­werk en sal in 2018 te­rug wees op die ver­hoog in die hoog aan­ge­skre­we Ma­ri­ka­na-to­neel­stuk. “Dit is ’n on­ge­loof­li­ke pro­duk­sie en ek is be­voor­reg om deel daar­van te kan wees.” Wat sy baard be­tref, noem Au­brey dit “win­ter­groei” vir sy to­neel­stuk, wat toe­val­lig ook per­fek is vir Ga­briel: “Om­dat hy voort­vlug­tig was, is om te skeer en sy snor net­jies te hou se­ker die laas­te ding waar­oor hy be­kom­merd was.” “NA­RE” NI­KI­WE EENS ’N SWENDELAAR . . . PRO­BLE­ME, PRO­BLE­ME

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.