Ui­teen­lo­pen­de bloed­sus­ters

Ka­te, An­na en Ju­lia ver­skil he­mels­breed van me­kaar en koes­ter hul eie dro­me.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Wa­ter­front Sei­soen 1 Dins­dae kykNET (*144) 20:00

Wan­neer die boot­bou­mag­naat Ben My­burgh (Da­wid Min­naar) se lyk op ’n seil­jag ge­vind word, b­ring die tra­ge­die sy drie dog­ters, Ka­te ( T­rix Vi­vier), An­na (Ro­lan­da Ma­rais) en Ju­lia (Mi­lan Mur­ray), weer by­me­kaar in die dra­ma­reeks Wa­ter­front (2017-nou). Die sus­ters het al­mal ge­kom­pli­seer­de ver­hou­dings met hul pa ge­had en het ook in­ge­wik­kel­de ver­hou­dings met me­kaar. Die My­burghs het in ’n wel­ge­stel­de huis groot­ge­word, maar hul ma, E­li­se (Jo­a­nie Com­brinck), is ses jaar ge­le­de oor­le­de en hul pa was meest­al af­we­sig. On­danks Ka­te, An­na en Ju­lia se ui­teen­lo­pen­de ge­aard­he­de en dro­me het hul­le een ding ge­meen: Hul­le het ge­smag na hul pa se aan­dag en er­ken­ning.

KA­TE (28) (T­RIX VI­VIER)

Ag­ter­grond: Ka­te is die laat­lam. Sy is kuns­sin­nig en verf en ver­koop Mex­i­kaan­se beeld­jies, maar teer meest­al op haar pa se in­kom­ste. Sy het ’n vrye gees en is los­ban­dig, maar soek eint­lik stand­vas­tig­heid en lief­de wat ’n vas­te ver­hou­ding haar moont­lik kan bied. Ka­te is ook des­pe­raat om haar eie i­den­ti­teit te vind, selfs bin­ne haar ge­sin­struk­tuur. Die keu­ses wat sy maak be­na­deel haar dik­wels, en selfs die men­se om haar. Ná haar pa se dood word sy wreed ont­nug­ter deur al die ge­raam­tes wat uit die kas val. Ka­te en haar pa: Hul ver­hou­ding was ge­kom­pli­seerd. Ka­te het nooit ’n sterk e­mo­si­o­ne­le band met Ben ge­had nie en sy voel hy was nooit reg­tig teen­woor­dig ty­dens haar groot­word­ja­re nie. Ver­hou­ding met haar sus­ters: Hoe­wel Ju­lia ná E­li­se se dood hard pro­beer het om die ma-rol vir Ka­te te ver­vul, slaag sy nie al­tyd daar­in om haar klein­sus te on­der­steun nie. Die e­mo­si­o­ne­le band tus­sen Ka­te en An­na is eint­lik ster­ker en hul­le is soos vrien­din­ne. Om­dat An­na die af­ge­lo­pe vyf jaar in Lon­den woon, steun Ka­te meer op Ju­lia.

AN­NA (40) (RO­LAN­DA MA­RAIS)

Ag­ter­grond: An­na het in haar pa se voet­spo­re ge­volg en ’n loop­baan in die boot­bou­be­dryf ge­volg. Maar haar pa het nog in die tra­di­si­o­ne­le me­to­des van boot­bou ge­glo en An­na se mo­der­ne i­dees en die bou van ge­re­ke­na­ri­seer­de seil­jag­te teen­ge­staan. An­na het vyf jaar ge­le­de, ná ’n groot uit­val met haar pa, Lon­den toe ver­huis en hul­le het se­dert­dien nie weer ge­praat nie. ’n Seun, S­te­fan (Ed­win van der Walt), is des­tyds uit haar ver­hou­ding met Ru­an Jor­daan (S­ti­an Bam) ge­bo­re – hul­le woon in Suid-A­fri­ka . An­na en haar pa: Sy was Ben se oog­ap­pel oor hul ge­deel­de be­lang­stel­ling in die boot­bou­be­dryf, maar hul ver­hou­ding het ver­suur om­dat hul­le ver­skil­len­de toe­koms­vi­sies ge­had het. Ver­hou­ding met haar sus­ters: Dit is kom­pleks, om­dat haar ou­sus Ju­lia ge­voel het sy staan in An­na se ska­du­wee en An­na is ’n be­ter mens as sy. Hoe­wel die ou­der­doms­ver­skil tus­sen An­na en Ka­te baie gro­ter is (12 jaar) as die een tus­sen An­na en Ju­lia (3 jaar), is An­na en Ka­te na­der aan me­kaar. Ka­te voel vei­lig by An­na en deel haar diep­ste ge­hei­me met An­na.

JU­LIA (43) (MI­LAN MUR­RAY)

Ag­ter­grond: Die per­fek­si­o­nis­tie­se Ju­lia is baie on­se­ker en dra mas­kers om vir die wê­reld te wys sy is in be­heer. Ju­lia het des­tyds saam met haar ma lief­da­dig­heids­werk be­gin doen en sy or­ga­ni­seer ook funk­sies. Sy is ver­slaaf aan voor­skrif­me­di­ka­sie. Haar man, Wou­ter (Han­nes van Wyk), wil graag ’n kind hê, maar Ju­lia meen sy is glad nie goed ge­noeg om die rol van ’n ma te ver­vul nie. Ju­lia en haar pa: Sy het haar pa ver­af­god, maar al­tyd ge­voel hy skeep haar e­mo­si­o­neel af. On­danks Ben se te­kort­ko­min­ge wou Ju­lia ’n man soos haar pa hê, hoe­wel Wou­ter voel hy kan nie in haar pa se voet­spo­re volg nie. Ver­hou­ding met haar sus­ters: Ju­lia was al­tyd ja­loers op An­na om­dat An­na haar pa se oog­ap­pel was, en sy het haar­self met An­na ver­ge­lyk. Ju­lia pro­beer hard om ’n ma-fi­guur vir haar klein­sus Ka­te te wees en haar le­we heel te maak, maar sy slaag nie daar­in nie.

Die My­burgh-sus­ters (van links): Ka­te (T­rix Vi­vier), An­na (Ro­lan­da Ma­rais) en Ju­lia (Mi­lan Mur­ray).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.