Quinn se­ë­vier

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

The Bold & The Beau­ti­ful Week­dae SABC3 (*193) 18:30 NO­VEM­BER A­li­son luis­ter af wan­neer Rid­ge by Brooke pleit oor hul toe­koms, en Don­na sê vir Bill Brooke “voeg net die laas­te af­ron­dings” by haar trou-uit­rus­ting. ’n Woe­den­de Bill bars in by Rid­ge en Brooke en kan­sel­leer die troue, maar Brooke sit hul ar­gu­ment voor die trou­gas­te voort. Zen­de smeek Ni­co­le om nie weer haar sexy fi­guur vir haar sus­ter se ont­hal­we te be­derf nie, en Ni­co­le gee Ma­ya ’n ant­woord op haar sur­ro­gaat­vraag voor sy van plan kan ver­an­der. Zen­de gaan saam met Sasha Ha­waii toe ná hy hoor wat Ni­co­le se be­sluit is, Wy­att stem in tot ’n eg­skei­ding, en S­tef­fy laat haar ta­toe ver­wy­der en trek by Li­am in. DE­SEM­BER

Ni­co­le sien Sasha en Zen­de in die bed op die For­rester-vlieg­tuig. Dan vra Zen­de Ni­co­le die ja­woord, maar Ni­co­le sê sy kan hom dui­de­lik nie ver­trou om in moei­li­ke tye by haar te staan nie. E­ric kyk trots toe hoe Quinn haar eer­ste For­rester-loop­plank­ver­to­ning re­ël, Quinn fnuik S­tef­fy en Rid­ge se kom­plot om die ver­to­ning te sa­bo­teer, en die For­resters wurg hul T­hanks­gi­ving-kal­koen saam met E­ric en Quinn af. Quinn vra S­tef­fy om die uit­voe­ren­de hoof van For­rester te word, en E­ric sê vir S­tef­fy sy’s die e­nig­ste een wat hy in die po­si­sie ver­trou, want Rid­ge moet eers sy per­soon­li­ke le­we uit­sor­teer. Li­am smeek S­tef­fy om nie die pos te aan­vaar nie, en Rid­ge bied S­te­pha­nie se ring vir Brooke aan. Bill is ver­slae wan­neer Brooke ver­soen raak met Rid­ge, wat E­ric gaan ver­tel hy wil For­rester C­re­a­ti­ons saam met Brooke be­stuur. JA­NU­A­RIE

Li­am het ’n woe­de-uit­bars­ting oor Quinn wat S­tef­fy ma­ni­pu­leer, en Quinn sê vir Wy­att hy moe­nie moed ver­loor oor S­tef­fy nie. E­ric be­ris­pe Li­am, S­tef­fy aan­vaar die pos as uit­voe­ren­de hoof, en Quinn het ’n ge­weld­da­di­ge fan­ta­sie ná sy Ka­tie be­trap wat E­ric in haar ver­troue neem oor haar mis­luk­te hu­we­lik met Bill. Ka­tie maak ’n op­na­me van Quinn wat Li­am dreig, en Rid­ge sien Quinn kaal wan­neer sy E­ric se Kers­ge­skenk uit­toets. RJ is in ek­sta­se wan­neer Rid­ge en Brooke ver­loof raak, maar Rid­ge sê vir Brooke hul­le gaan eers trou ná hy van Quinn ont­slae ge­raak het. Die For­resters vier Kers­fees by die he­re­huis saam met E­ric en Quinn, en S­tef­fy trek uit Li­am se huis ná E­ric iets in haar oor fluis­ter. E­ric bied vir S­tef­fy die he­re­huis aan as sy haar hu­we­lik met Wy­att nog ’n kans gee, Rid­ge flirt met Quinn in die stoom­ka­mer, en Brooke sê vir Rid­ge hy kan aan sy plan teen Quinn werk ter­wyl sy uit­ste­dig is. VER­LE­DE KEER Quinn het uit­ge­vind E­ric het haar vol­mag ge­gee maar nog nie hul hu­we­liks­do­ku­men­te in­ge­dien nie, en Ca­ro­li­ne het met klein Doug­las na Los An­ge­les te­rug­ge­keer. Quinn pro­beer Wy­att troos daar’s an­der vis­se in die see ná hy ont­hul S­tef­fy het hom oor sy ma, Quinn, ge­los. Rid­ge er­ken aan Rick, T­ho­mas, Car­ter en Brooke hy’t ge­jok en Quinn het wel E­ric se vol­mag. Ka­tie waar­sku Bill die snui­ter RJ kan sy hu­we­lik sink nog voor dit vol­trek is, en Zen­de kla by Ni­co­le – en dan Sasha – oor Ma­ya en Rick se ver­me­tel­heid om Ni­co­le te vra om ’n twee­de keer vir hul­le ’n sur­ro­gaat­ma te wees.

Die For­resters sê vir E­ric hul­le is bly hy’s weer hom­self, maar dan druk E­ric sy pa­niek­knop­pie om van Rid­ge ont­slae te raak ná Rid­ge E­ric vra om nu­we do­ku­men­te te te­ken wat Rid­ge sy vol­mag gee, pleks van Quinn. E­ric vra Wy­att om by hom en Quinn in te trek, en Wy­att is ge­tuie wan­neer E­ric en Quinn uit­ein­de­lik hul hu­we­liks­do­ku­men­te te­ken. Rid­ge pro­beer Quinn by die werk uit­daag, maar Quinn stroop Rid­ge en S­tef­fy van hul mag­te. Li­am smeek S­tef­fy om dis­kreet by hom in te trek ter­wyl haar eg­skei­ding af­ge­han­del word, en hul­le het seks, en Bill kla by Don­na oor RJ wat ’n moei­li­ke tie­ner is. Die trou­re­ë­lings stoom voort, Bill vra Wy­att om sy strooi­jon­ker te wees, en RJ wil hê Rid­ge moet die troue keer. Dan bars Rid­ge by Bill se huis in en smeek Brooke om nie met Bill te trou nie. 8 – 10 NO­VEM­BER 13 – 17 NO­VEM­BER 20 – 21 NO­VEM­BER

Quinn en Rid­ge wat as ’n span saam­werk is ’n te­ken van groot se­pie­dra­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.