Dood en Hol­ly­wood

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Days Of Our Li­ves Week­dae e.tv (*194) 17:30 C­had red Jor­dan van ’n aan­val­ler, en Will se re­dak­teur Zoe vra hom om ’n ar­ti­kel oor C­had te skryf. C­had en Ben ba­klei oor Ab­by, en Sa­mi her­in­ner Ro­man aan sy ge­voe­lens vir Mar­le­na wan­neer Ro­man oor Sa­mi se ver­soe­ning met EJ kla. EJ en Sa­mi ruil rin­ge en hu­we­liks­be­lof­tes in die bed uit ná seks, en C­ly­de dring aan op aand­e­te saam met Ka­te. C­ly­de kon­kel ag­ter EJ se rug met sy tra­wan­te, en Ka­te sê vir C­ly­de sy wil EJ weg hê. John ont­waak uit sy ko­ma maar hy het ge­heu­e­ver­lies, tot T­he­re­sa se ver­lig­ting, en EJ se ma, Su­san (Ei­leen Da­vid­son), daag op.

Pai­ge vind uit Jack het Kay­la ver­krag, en Pai­ge is ge­skok wan­neer JJ wei­er om seks met haar te hê. Jill krap Eve se plan­ne deur­me­kaar om Pai­ge en JJ uit­me­kaar te dryf, en Mar­le­na en John word her­e­nig. John ont­hou dis T­he­re­sa wat hom oor die kop ge­slaan het, Bra­dy be­dank K­ris­ten om­dat John ge­red is, en K­ris­ten vind be­wy­se dis T­he­re­sa wat John ge­mo­ker het. Ci­a­ra is dik­mond om­dat Ho­pe met Ai­den uit­gaan, en Su­san waar­sku EJ hy is deur die bo­se om­ring. EJ sterf in Sa­mi se arms ná sy ba­klei­e­ry met C­ly­de, en S­te­fa­no laat EJ se lig­gaam uit die lyks­huis ver­wy­der. Ka­te en C­had stel hul kom­plot teen S­te­fa­no uit met die DiMe­ras wat rou, en C­ly­de laat Sa­mi na EJ se moor­de­naar lyk. Sa­mi en Ni­co­le treur saam oor EJ se dood, en Sa­mi nooi Will saam met haar Hol­ly­wood toe, want ’n a­gent wil ’n fliek van Sa­mi se mo­ble­we maak – maar Son­ny wil nie uit Sa­lem weg­gaan nie.

Son­ny wuif ’n tra­ne­ri­ge maar on­der­steu­nen­de tot siens wan­neer Will, Sa­mi en die kin­ders Hol­ly­wood toe ver­trek. Bra­dy sien Da­niel en K­ris­ten in die bed, en K­ris­ten steel suut­jies T­he­re­sa se fe­tus ná sy uit­vind T­he­re­sa ver­wag Bra­dy se kind. Bra­dy los T­he­re­sa om­dat sy “’n groot, vet, nie­swan­ger leu­e­naar” is. Dan het T­he­re­sa ie­mand nuut in die oog – die bof­bal­ster Paul Na­ri­ta (Chris­to­pher Se­an) – maar Paul soen Son­ny. Ai­den en Ho­pe het seks, en so ook JJ en Eve. Jor­dan rig ’n vuur­wa­pen op C­ly­de en be­skul­dig hom daar­van dat hy haar in haar jong­dae ver­krag het, en C­had dwing Ka­te om hom as me­de­groot­baas van DiMe­ra En­ter­pri­ses aan te stel. John word ge­dwing om Sa­lem met sa­ke te ver­laat, en C­ly­de en Ka­te het seks. Me­la­nie (Mol­ly Bur­nett) keer met ’n sak vol kon­tant te­rug na Sa­lem, en Ab­by en Ben se lief­de blom, as­ook Ni­co­le en Da­niel s’n. NO­VEM­BER JA­NU­A­RIE DE­SEM­BER K­ris­ten is op borg­tog vry­ge­laat, Eve het met haar plan be­gin om JJ te ver­lei om Jen­ni­fer te­rug te kry, en S­te­fa­no was op pad te­rug Sa­lem toe. S­te­fa­no se skil­de­ry ver­vang Sa­mi en Ka­te s’n in die he­re­huis, en Sa­mi be­sef EJ wil S­te­fa­no uit Sa­lem weg­hou. K­ris­ten sê vir T­he­re­sa sy moet haar kloue van Bra­dy af­hou, en Mar­le­na smeek E­ric om nie teen K­ris­ten te ge­tuig nie, want S­te­fa­no gaan haar dalk nie help om John te red nie.

Eve stuur die pros­ti­tuut Jill om JJ te ver­lei en JJ en Pai­ge uit­me­kaar te dryf, en Ho­pe hoor hoe Ni­co­le en Ai­den oor haar skin­der. Ka­te is vies oor al die druk­kies en soen­tjies ná EJ op sy knieë gaan en Sa­mi om ver­gif­nis smeek. C­had keer te­rug en rig ’n vuur­wa­pen op EJ ná hy Will se sto­rie lees, en K­ris­ten vat T­he­re­sa aan wat spog oor haar seks met Bra­dy. K­ris­ten sê vir T­he­re­sa sy het Da­niel ’n mid­del ge­gee so­dat John daar­mee uit sy ko­ma ge­bring kan word, en T­he­re­sa se re­ak­sie ver­oor­saak dat K­ris­ten vir Bra­dy en Da­niel gaan ver­tel T­he­re­sa was John se aan­val­ler, nie Bra­dy nie. En Da­niel sê vir Bra­dy E­ric het sy wraak teen K­ris­ten laat vaar om John te red. C­had kies Ka­te se kant teen S­te­fa­no en EJ, en Da­niel toets JJ om vas te stel wat­ter dwelm­mid­del hy ge­neem het. El­ders wil Ho­pe skei ná Ai­den haar op ’ n da­te bui­te Sa­lem vra. VER­LE­DE KEER 8 – 10 NO­VEM­BER 13 – 17 NO­VEM­BER 20 – 21 NO­VEM­BER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.