’n K­wes­sie van tyd

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

S­keem Saam Week­dae SABC1 (*191) 18:30 John is in die ver­soe­king om te son­dig en oor­weeg dit om sy rug op Mei­kie te draai en te­rug te kruip na sy aan-af­skelm­pie C­ha­ri­ty. Daar is ’n hof­da­tum vir Den­nis die mis­han­de­laar, en hy praat sleg oor sy vrou S­tok­ho in ’n po­ging om nie op­ge­sluit te word nie. Le­ha­sa suk­kel om met sy ag­gres­sie­we vrou Zan­di­le (Mats­he­po Ma­le­me) oor die weg te kom, en die ku­li­nê­re a­ka­de­mie kom tot stil­stand wan­neer nog ’n skan­daal dit be­dreig. Lee­to ver­loor ’n be­lang­ri­ke hof­saak en hy be­vraag­te­ken sy werk as ’n pro­ku­reur vir die ver­de­di­ging, en C­le­ment glo sy wê­reld ver­krum­mel ná sy pa, Den­nis, in die hof deur­loop.

Zan­di­le neem al die be­slui­te in die Map­ho­sa-huis­hou­ding en Le­ha­sa is vrees­be­van­ge om teen haar op te staan. Le­lo pro­beer die bes­te maak van haar aak­li­ge nu­we werk as ’n pe­trol­jog­gie, en Can­di­ce pro­beer haar kê­rel Kat red deur Ha­zel se be­denk­li­ke ver­le­de te ont­hul. Le­lo reik uit na Sis’ Ou­ma vir raad oor haar werk, en Les­ho­le is be­kom­merd oor sy toe­koms ter­wyl hy op sy ma­triek­uit­slae wag. Le­ha­sa wil sy vrou ver­nie­tig voor­dat sy iets kan vat waar­voor hy so hard ge­werk het. Zan­di­le vra Le­lo se hulp om Le­ha­sa se le­we te ru­ï­neer, en Ma­ro­thi se plan vir die ta­lent­kom­pe­ti­sie is net so boos soos hy. Mok­ga­di stort in­een ter­wyl sy na haar reg­te seun soek.

BigBoy en Les­ho­le wen die ta­lent­kom­pe­ti­sie, maar die an­der deel­ne­mers kry hond se ge­dag­te. Fa­nie ver­val weer in mis­daad om geld te maak. Die ma­triek­uit­slae is be­kend en daar is gemengde wel­slae vir die leer­ders, en Kat­le­go se dro­me van die kook­skool lê weens ’n mis­ver­stand aan sker­we. Mok­ga­di vaar uit teen haar ma om­dat sy in­ge­meng het met No­ah, en Les­ho­le oor­weeg dit om Turf­loop te ver­laat vir ’n be­ter toe­koms. NO­VEM­BER JA­NU­A­RIE DE­SEM­BER VER­LE­DE KEER C­ha­ri­ty is deur ’n vreem­de­ling in die ge­sig ge­slaan, en Mok­ga­di het ge­hoor haar tie­ner­seun, No­ah, is deur­me­kaar met ’n ge­vaar­li­ke ben­de. 8 – 10 NO­VEM­BER C­ha­ri­ty vra Ma­ry uit oor haar band met die ge­trou­de John, en sjef Mar­le­ne pro­beer Kat­le­go oor­reed om Ha­zel te ver­ge­we om­dat Ha­zel sy ver­hou­ding met Can­di­ce wou ver­nie­tig. ’n Woe­den­de St­ho­ko bly nie stil wan­neer haar mis­han­de­laar­man, Den­nis, haar die skuld gee vir hul ver­brok­ke­len­de hu­we­lik nie.

Lee­to is ver­sig­tig om nie dit wat oor is van St­ho­ko se waar­dig­heid te ver­nie­tig nie ter­wyl hy Den­nis in die hof be­skerm, en Can­di­ce is woe­dend wan­neer sy van aan­ge­sig tot aan­ge­sig met haar vy­and Ha­zel kom. C­ha­ri­ty kom na­der daar­aan om haar aan­val­ler ag­ter tra­lies te kry, en St­ho­ko stry met haar in­men­ge­ri­ge ma, Ma’ N­tu­li, oor haar hu­we­lik met Den­nis. Kapt. Ma­le­ba­na on­der­vra Ma­ry oor die aan­val op C­ha­ri­ty, en John kom tot ’n be­sef oor sy toe­koms saam met sy vrou, Mei­kie. Ko­ko Mantsha is ont­steld om­dat Kat weer by ’n skan­daal by die kook­skool be­trok­ke is, en Le­ha­sa ont­hul sy ge­sins­kon­flik. 13 – 17 NO­VEM­BER 20 – 21 NO­VEM­BER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.