Doc M­cS­tuf­fins

Sei­soen 1 SABC2 (*192) 15:00 A­ni­ma­sie

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Die a­ni­ma­sie­reeks Doc M­cS­tuf­fins (2012-nou) han­del oor die le­we van die se­we­ja­ri­ge Dot­tie, wat haar speel­goed le­we gee met haar to­wer-ste­to­skoop. Dot­tie, met die by­naam Doc, is deur die skry­wer Chris Nee ge­skep so­dat haar as­ma­ly­er-seun nie bang sal wees vir die dok­ter nie. “Ek het gaan stort, be­kom­merd oor hoe om my kind te help – en boem! Vyf­tien mi­nu­te la­ter het ek die reeks uit­ge­dink ge­had!” lag Chris.

1 “Dit was die eer­ste ge­sprek wat ek met Dis­ney ge­had het en ons het saam­ge­stem: ons wou ’n vrou­li­ke, et­nie­se hoof­ka­rak­ter hê,” ver­tel Chris. 2 Doc M­cS­tuf­fins was die eer­ste reeks vir die Dis­ney Ju­ni­or-ka­naal, die nu­we han­dels­merk van die voor­ma­li­ge Play­hou­se Dis­ney-ka­naal. Twee ak­tri­ses ver­leen aan Dot­tie 3 haar stem: die 13-ja­ri­ge La­ya DeLe­on Hay­es in die A­me­ri­kaan­se weer­ga­we en die 14-ja­ri­ge A­briel­la Bie­rer vir die B­rit­se ka­rak­ter. Die plaas­li­ke san­ge­res, DJ en 4 TV-per­soon­lik­heid U­na­thi M­sen­ga­na het in 2014 by die reeks aan­ge­sluit as Ri­ta die jag­lui­perd. “Ek’s ne­de­rig en ver­heug! Ek kan nie wag om my kin­ders se ge­sig­te te sien as hul­le my stem hoor nie,” sê U­na­thi. 5 ’n “Wag­hond”-groep het uit­ge­vaar om­dat Dot­tie twee ma’s het, maar Chris sê: “Ek be­skou dit as ’n reeks wat daar­oor gaan om al­mal in ons sa­me­le­wing te aan­vaar. As deel van ’n twee-ma-ge­sin is ek trots daar­op dat dit my seun se wê­reld weer­spie­ël.” Dis­ney het tou­tjies ge­trek om 6 ster­re van sy an­der reek­se te kry om stem­me vir ka­rak­ters in Doc M­cS­tuf­fins te wees, soos Lo­ret­ta De­vi­ne, A­de­le in G­rey’s A­na­tomy (2005-nou).

U­na­thi M­sen­ga­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.