Bin­ne­lan­ders

Week­dae kykNET (*144) 19:30 Se­pie

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

I­van­ka Gouws (Le­an­die du Randt Bosch), die le­wens­lus­ti­ge blon­di­ne van Brak­pan wat in 2015 die kor­rel­kop dr. At Kos­ter (Hans S­try­dom) se hart ge­steel het, is op Don­der­dag 16 No­vem­ber te­rug in die hos­pi­taal­se­pie. “I­van­ka is ver­le­de jaar in Ju­lie uit P­re­to­ria weg en het te­rug­ge­trek Brak­pan toe om haar sus­ter se seun­tjie D­rie­sie, of DJ soos hul­le hom noem, te help groot­maak,” ver­tel Le­an­die. I­van­ka deel met haar skie­li­ke te­rug­koms groot nuus met haar fa­mi­lie, die Fer­rei­ras. “Maar ky­kers sal moet wag en sien hoe­kom I­van­ka eint­lik te­rug is,” voeg Le­an­die by.

Was dit vir jou moei­lik om ná meer as ’n jaar weer I­van­ka te speel? Nee, glad nie – ná ’n paar uur op stel was ek weer tuis in I­van­ka se vel. Ek is mal oor haar op­ti­mis­me en veg­gees! Het I­van­ka baie ver­an­der se­dert sy P­re­to­ria ver­laat het? I­van­ka is bie­tjie meer vol­was­se en het be­ter werk­voor­uit­sig­te, maar haar ge­voe­lens is nie nood­wen­dig meer uit­ge­sor­teer nie. Jy het on­langs ’n spe­si­a­le dag­be­plan­ner be­kend­ge­stel? Ja, I Am B­les­sed 2018 is ’n dag­be­plan­ner waar­in jy al jou af­spra­ke vir die dag en week kan neer­skryf en dan daag­liks 10 goed waar­voor jy dank­baar is. Die dag­boek be­vat ook in­spi­re­ren­de in­set­sels en aan­ha­lings.

Met wat­ter an­der pro­jek­te is jy be­sig? Ek werk tans hard om my nu­we kle­re­reeks, Skoon­ma Clo­thing, nog gro­ter en be­ter te maak. En ek en my man, die ak­teur­aan­bie­der Bou­wer Bosch, gaan la­ter van­jaar op ’n be­mar­kings­toer vir die twee flieks waar­in ons al­bei speel – Vuil Was­goed (word op 8 De­sem­ber uit­ge­reik) en T­hys En T­rix (be­gin op 13 A­pril 2018). Ek le­wer ook af en toe mo­ti­ve­rings­praat­jies.

• Lees meer op ble. 14-15.

Le­an­die se man, Bou­wer Bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.