Handmaid’s Tale

Sei­soen 1 M-Net (*101) 22:00 Sci-fi

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

E­li­sa­beth Moss kla nie oor haar rol as Of­fred in die be­kroon­de sci-fi-reeks The Handmaid’s Tale (2017-nou) nie, maar sy dink wel haar werk as ak­tri­se is ef­fe vreemd. “Ek trek an­der men­se se kle­re aan en maak of ek ie­mand an­ders is. Wie doen dit?” vra die 35-ja­ri­ge, wat in Sep­tem­ber ’n Em­my ge­wen het as bes­te ak­tri­se in ’n dra­ma­reeks, as­ook vir die bes­te dra­ma­reeks (ver­vaar­di­ger).

1 Haar eer­ste lief­de is bal­let, en hoe­wel E­li­sa­beth dank­baar is vir die vier Em­my-be­noe­mings wat sy ge­kry het vir haar rol as Peg­gy in die pe­ri­o­de­dra­ma­reeks Mad Men (2007-2015), sal sy “e­nig­iets doen om weer ’n tu­tu en ’n bol­la te dra”. 2 E­li­sa­beth was ook ’n san­ge­res. Haar ou­ers, Lin­da en Ron, was mu­si­kan­te en sy het mu­siek ge­speel wan­neer sy nie aan A­me­ri­kaan­se bal­letskool in New York stu­deer het nie. 3 Die be­kroon­de ak­tri­se is al van­dat sy agt is in die ver­maak­be­dryf, maar Liz­zy dink nie sy is be­roemd nie, ten spy­te van haar suk­ses. “Ek’s net ge­luk­kig om werk te hê. Ek het be­gin met [die mi­ni­reeks] Lucky C­han­ces (1990) en was in niks groots nie tot [die po­li­tie­ke dra­ma] The West Wing (1999-2006) be­gin het, en toe was ek al ’n tie­ner.” An­ders as an­der so­ge­naam­de 4 klui­se­naar-ce­lebs hou sy daar­van om haar huis te ver­laat wan­neer sy nie werk nie, en skerts in­ko­pies is haar s­tok­perd­jie. “Nie dat ek juis rond­kyk nie, ek laai net goe­ters in die trol­lie en loop!” 5 Van 2008 tot 2011 het sy ge­wis­sel van al­leen tot ver­loof, ge­troud en ge­skei van F­red Ar­mi­sen van die skets­pro­gram Port­lan­dia (2011-nou). 6 Liz­zie is nog al­tyd ’n S­ci­ën­to­loog en woon Los An­ge­les saam met haar kat­te, Lu­cy en Et­hel.

E­li­sa­beth is baie meer uit­ge­spro­ke as wat Of­fred (hoof­fo­to) toe­ge­laat word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.