Van Lu­cia

TV Plus (Afrikaans) - - JV VRA -

Een van my ve­le fou­te is dat ek mak­lik ja­loers raak. Kyk, ek word da­rem nie le­lik nie, maar ek voel vin­nig ek mis iets. En ek moes mooi keer dat my ge­sig nie groen word nie toe ons ad­junk­re­dak­teur, Craig Falck, die af­ge­lo­pe ruk die drie Bold-ster­re wat in die land was her­haal­de­lik ont­moet het. Kar­la Mos­ley (Ma­ya A­vant For­rester), Ja­cob Young (Rick For­rester) en He­at­her Tom (Ka­tie Lo­gan) was hier as deel van Bold se 30ste ver­jaard­ag­toer en dit klink of hul­le baie pret ge­had het. Wel, Craig het be­slis. Hy kon lank met Ja­cob ge­sels – let­ter­lik oor koei­tjies en kal­fies – en by hom staan ter­wyl sy pak­ke aan­ge­pas word. En in sy eie woor­de is Kar­la en He­at­her beeld­skoon. “Nes hul ka­rak­ters wat in die Los An­ge­les-mo­de­wê­reld bly, is daar nooit ’n haar uit plek nie. Daar is ook nie spe­si­a­le gri­meer­teg­nie­ke nie, hul­le slaan net jou a­sem weg.” Hoe moes ek nou nie ja­loers wees nie? Lees ons sto­rie op ble. 22-23 oor hul kui­er by I­si­din­go en jy sal ook wens jy was daar. Maar ge­luk­kig is daar tvplus om jul­le (en vir my) te help om ster­re te ont­moet!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.