OU­BAAS IN GE­TROUD MET RUG­BY

TV Plus (Afrikaans) - - JV VRA -

Die ak­teur Pier­re van P­let­zen (65), be­kend as oom Ou­baas in die se­pie 7de Laan (2000-nou), het on­langs deur ’n moei­li­ke tyd ge­gaan toe sy kon­trak in Au­gus­tus van­jaar by die se­pie ge­kan­sel­leer is – na­dat hy al van die be­gin af een van Hill­si­de se ge­lief­de in­wo­ners was. Om din­ge te ver­er­ger is Ou­baas se re­pu­ta­sie in die se­pie ge­skaad, want sy ka­rak­ter is as ’n ver­raai­er en ver­neu­ker uit­ge­skryf. Maar din­ge gaan baie be­ter met die ak­teur se­dert hy in Sep­tem- ber by die kykNET-se­pie Ge­troud Met Rug­by (2016nou) aan­ge­sluit het. “Hy gaan die rol van Sak­kie, ’n twee­de­hand­se mo­tor­han­de­laar en ge­re­ha­bi­li­teer­de al­ko­ho­lis, ver­tolk. Sy eer­ste ver­sky­ning gaan op 15 Ja­nu­a­rie wees wan­neer hy on­ver­wags aan ie­mand se deur klop,” sê Ge­troud Met Rug­by se pu­bli­si­teits­be­amp­te, Ru­do van Heer­den. Hou tvplus in Ja­nu­a­rie dop vir die eks­klu­sie­we sto­rie oor wie pre­sies Sak­kie is en hoe hy in die rug­by­wê­reld in­pas. Ge­luk, Pier­re!

NUUSFLITS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.