DIENUUS

TV Plus (Afrikaans) - - JV VRA -

K­ris­ten Bell het pro­jek­te “tot die ein­de van tyd” (in­slui­tend die ko­me­die The Good Place, 2016-nou en die 2019-a­ni­ma­sie­fliek Fro­zen 2), maar sy be­plan steeds om haar speur­der­ka­rak­ter Ve­ro­ni­ca Mars (2004-2007) te laat her­leef vir ’n be­perk­te reeks. “Dit sal ge­beur! As ek dit moet doen as ‘Mur­der She Wro­te at 80’, dan doen ons dit!” Re­na So­fer is mal daar­oor om die skurk Quinn in Bold & Beau­ti­ful (1987-nou; meer op ble. 20-23) te speel, maar iets wat sy nie meer ge­niet nie is ten­nis. “Die bes­te we­stryd van my le­we en ek breek my en­kel!” het sy op so­si­a­le me­dia ge­sê. Sy’s ook nie die e­nig­ste ak­tri­se met pyn­vol­le be­se­rings nie – Ei­leen Da­vid­son, K­ris­ten in Days (1965-nou; meer op ble. 22-23) het haar toon ge­breek en moes ’n “aak­li­ge ruim­te­ste­wel werk toe dra”, het sy ge­lag.

Die kul­tus-ak­sie­fliek-fran­chi­se Bad Boys (1995-nou) s­kuif TV toe met ’n splin­ter­reeks. Maar moe­nie a­sem op­hou dat Mar­tin La­wren­ce en Will S­mith die speur­ders Mi­ke Lo­wrey en Mar­cus Bur­nett gaan speel nie. Die reeks gaan eer­der fo­kus op Ga­briel­le U­ni­on se ka­rak­ter Syd in die Bad Boys 2-fliek, wat sin maak om­dat Ga­briel­le se tref­fer­dra­ma­reeks Being Ma­ry Ja­ne (2013nou) vroeg in 2018 klaar­maak.

Aus­tin A­me­lio wens dalk sy ka­rak­ter D­wig­ht word af­ge­maai in sei­soen 8 van die gru­wel­reeks The Walking Dead (2010nou). “Toe ek Da­ryl in sei­soen 7 ge­skiet het, het fans ge­dreig om my huis af te brand,” sê die ak­teur. “Ek is Aus­tin en D­wig­ht is D­wig­ht. Dit [die drei­ge­men­te] was iets om aan ge­woond te raak, maar toe be­sef ek dit kom waar­skyn­lik van 13-ja­ri­ges wat in hul kel­ders rond­sit.”

’n Sei­soen 2-lus­ma­ker­tjie vir die dra­ma­reeks 13 Re­a­sons Why (2017-nou) be­weer “hul sto­rie is nog nie klaar nie”. Die reeks het op­skrif­te ge­haal oor dit glo self- dood ver­heer­lik en hoe­wel geen ver­de­re in­lig­ting be­kend­ge­maak is nie, word aan­vaar dat Se­le­na Go­mez mid­del 2018 sal te­rug­keer as die uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger.

Ten spy­te van die gru­wel­pro­gram wat Marvel se InHumans was (2017 – die 8 e­pi­so­de lan­ge reeks is ná net 1 e­pi­so­de ge­kan­sel­leer), staan die hu­we­lik tus­sen TV en stro­kies­pren­te nog sterk en 2018 is vol van hul­le! Marvel Run­ways word vroeg in 2018 ver­wag op die aan­vraag­diens Hu­lu, Black Lig­ht­ning sluit by The Flash (2014-nou) en Ar­row (2012-nou) aan op The CW se ske­du­le, en De­ad­pool gaan le­we kry as ’n a­ni­ma­sie­reeks met n vol­was­se te­ma.

Jon Cry­er (Alan Har­per in Two & A Half Men, 2003-2015) is oor­ge­haal om na die kas­sie te­rug te keer ná net twee klein ka­meerol­le die laas­te vier jaar. Hy ont­wik­kel ’n ge­sin­s­ko­me­die, Dads And Daug­h­ters, wat “han­del oor twee ui­teen­lo­pen­de pa’s wat saam in­trek om hul dog­ters (wat stief­sus­ters is) by­me­kaar te hou na­dat hul ge­deel­de eks­vrou tronk toe ge­stuur is vir kre­diet­kaart­be­drog”, sê Jon.

Ga­briel­le U­ni­on.

Die be­si­ge K­ris­ten Bell.

Re­na So­fer (in­las) het haar en­kel ge­breek.

Jon Cry­er werk aan ’n nu­we ko­me­die­reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.