Wentworth

Sei­soen 5 M-Net (*101) 23:00 Dra­ma

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Dis ’n har­de le­we ag­ter tra­lies in die Aus­tra­lie­se tronk­dra­ma Wentworth (2013-nou), en din­ge raak nie be­ter vir die vrou­e­ge­van­ge­nes in sei­soen 5 nie. “Ons skryf­span neem hul­le die keer in ver­skil­len­de rig­tings,” sê Pa­me­la Ra­be, wat die rol van die psi­go­tie­se Fer­gu­son ver­tolk. “Hul­le is bui­te be­heer. Selfs die tronk­be­waar­ders is nou se­nu­ag­tig rond­om ‘die da­mes’.”

Sei­soen 4 het ge­ëin­dig met die ky­ker­guns­te­ling Bea (Da­niel­le Cor­mack) wat dood­ge­steek is in die fik­tie­we kor­rek­tie­we fa­si­li­teit Wentworth, en “daar gaan ’n op­stand wees wan­neer die vroue dit be­gin ver­werk”, ver­klap Pa­me­la. “Dit gaan nie mooi wees nie! Ver­al nie vir Bea se tronk­lief­de Al­lie (Ka­te Jen­kins) nie, wat in ’n ko­ma was in sei­soen 4.” Dit kan be­te­ken Al­lie “sal be­reid wees om haar le­we prys te gee om Bea se dood te wreek”, sê Ka­te. “Ons was in tra­ne met die ver­fil­ming van Da­niel­le se laas­te tonele, en ek ge­bruik dit om Al­lie se rou uit te beeld.”

Nes in die ak­sie­reeks P­ri­son B­re­ak (2005-nou, Maan­dae op M-Net om 19:00) kon­kel die ka­rak­ters om meer be­heer te kry. “Daar is in by­na el­ke e­pi­so­de ’n ont­snap­pings­plan. Die ge­van­ge­nes be­heer ver­skil­len­de de­le van die tronk maar vind ook ’n ma­nier om uit te kom – en gee nie om wie hul­le dood­maak om dit reg te kry nie,” ver­klap Pa­me­la. “Selfs wan­neer Fer­gu­son in die moei­lik­heid is, bly sy drei­gend.”

Gaan Fer­gu­son die sei­soen oor­leef? Die an­der soek haar dood, sê Pa­me­la. “Maar sal hul­le ie­mand met die by­naam The F­re­ak in die oë kan kyk en dit kan doen? Mis­kien, mis­kien nie . . . ”

Fer­gu­son het met moord weg­ge­kom, maar die tronk­be­waar­ders hou haar dop.

Bea is dood, maar het steeds ’n in­vloed.

Al­lie soek tot el­ke prys wraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.